Klein Vrystaat
Klein Vrystaat was ’n kortstondige Boererepubliek in die Piet Retief-omgewing in wat nou Mpumalanga, Suid-Afrika is. Vanaf ongeveer 1876 het ’n groep Boere op grond gewoon wat hulle van die Swazikoning Umbandino gekoop het. In 1886 is ’n formele regering gevorm gevolg deur die aanneming van ’n grondwet.
Die staat het voortbestaan tot 1891 toe dit in die Zuid-Afrikaansche Republiek opgeneem is.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.