Klavierconcerto nr. 5 (Mozart)
Klavierconcerto nr. 5 in D-majeur, K. 175, is 'n klavierconcerto wat deur die 17-jarige Wolfgang Amadeus Mozart in 1773 gekomponeer is. Dit is Mozart se eerste oorspronklike klavierconcerto; sy vorige pogings is gebaseer op ander komponiste se werke. Klavierconcerto nr. 5 was een van Mozart se gunsteling concerto's. Dit word in baie van sy briewe na verwys[1] en hy het dit opgevoer tot en met die jaar van sy dood.
Klavierconcerto in D-majeur | |
---|---|
Nr. 5 | |
deur W. A. Mozart | |
Die jong komponis, 'n 1777-kopie van 'n verlore skildery | |
Toonaard | D-majeur |
Katalogus | K. 175 |
Gekomponeer | 1773 |
Bewegings | Drie (Allegro, Andante ma un poco adagio, Allegro) |
Partituur |
|
Instrumente
Die partituur is geskryf vir twee hobo's, twee Franse horings, twee trompette, timpani, en strykinstrumente. Die trompette en timpani is afwesig in die tweede beweging. Dit was Mozart se enigste concerto met trompette en timpani tot en met Klavierconcerto nr. 10, K. 365.
Bewegings
Die concerto bestaan uit drie bewegings:
- Allegro
- Andante ma un poco adagio (in G-majeur)
- Rondo: Allegro
Verwysings
- Hutchings (sien bronnelys), p. 49-50.
Bronne
- Hutchings, A. 1997. A Companion to Mozart's Piano Concertos, Oxford University Press. ISBN 0-19-816708-3
Eksterne skakels
- Concerto in D, K. 175: Partituur en kritiese verslag (de) in die Neue Mozart-Ausgabe
- Klavierconcerto nr. 5: Partituur op die International Music Score Library Project
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.