Klas GH Garratt-stoomlokomotief
Die Klas GH Garratt is 'n tipe stoomlokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era. In 1928 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë twee Klas GH 4-6-2+2-6-4 "Double Pacific"-tipe passasiersweergawes van die Klas U Unie Garrattstoomlokomotief in diens geplaas. [1][2][3]
'n Klas GH te Monumentstasie, Kaapstad; om en by 1930 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Maffei |
Vervaardiger | Maffei |
Serienommer | 5687-5688 [1] |
Model | Klas GH |
Klas | Klas GH |
Vervaardig | 1928 |
Aantal gebou | 2 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-6-2+2-6-4 "Double Pacific" Union Garratt |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 762 mm (30 dm) |
Dryfwielomtrek | 1 520 mm (60 dm) |
Agterwielomtrek | 762 mm (30 dm) |
Wielbasis | Totaal: 23.343 m Enjins: 3.277 m gekoppel 7.671 m in totaal |
Lengte | 25.908 m |
Hoogte | 3.948 m |
Raamwerk | Staafraam, 12.052 m tussen spilpunte |
Asbelasting | 18.4 t op die 1ste en 3de dryfwiele |
Massa op dryfwiele | 109.2 t |
Lokomotiefmassa | 138.2 t leeg 187.7 t gelaai |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 13.7 t |
Waterkapasiteit | 16 600 ℓ voor 10 700 ℓ onderbuik |
Stoomketel | 2.108 m binnemaat 4.166 m binnelengte |
Stoomketeldruk | 1 240 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 5.574 m2 |
195 buise van 57,1 mm 43 buise van 140 mm | |
2.323 m2 | |
– Vuurkas | 19.881 m2 |
246.658 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 61.781 m2 |
Silinders | Vier |
Silindergrootte | 495 mm (19½ dm) boor, 660 mm (26 dm) slag [2] |
Klepwerk | Walschaerts [2][3] |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 197.9 kN teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 2 |
Vlootnommer(s) | 2320-2321 |
Afleweringsdatum | 1928 |
Eerste tog | 1928 |
Onttrekkingsdatum | 1958 |
Vervaardiger
Die Klas GH, 'n swaar passasiersweergawe van die Klas U Unie Garratt, is ontwerp en gebou deur Maffei in München, Duitsland vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë. Twee lokomotiewe is gelewer in 1928, genommer 2320 en 2321, en is by die Soutrivierwerke in Kaapstad in diens gestel. Hulle was verhit en het Walschaerts-klepratwerk en staaframe gehad. [2][3]
Dit word vermoed dat, indien dieselfde klassifikasiepraktyk as vir die Garratt en Mallet lokomotiewe gevolg is, dat die Klas U en die Klas GH moes aangewys gewees het as Klas UA en Klas UB onderskeidelik.[4]
Die feit is dat tydens die ontwerpfase van die twee Unie Garratt tipes, hulle aangewese klassifikasieletters in die gereelde Garrattreeks was as Klas GH en GJ. Toe bestellings by die vervaardigers geplaas is, het hulle die klasaanwysing van die Klas GH behou, terwyl dié van die Klas GJ 2-6-2 + 2-6-2 "Double Prairie"-tipe verander is na Klas U Unie Garratt.
Eienskappe
Die Klas GH was 'n gemengde lokomotief, deels Gewysigde Fairlie en deels Garratt. Die voorkant van die lokomotief was van 'n tipiese Garrattuitleg, met 'n watertenk gemonteer op die voorste enjineenheid se raam, terwyl die agterkant gebou is in die Gewysigde Fairlie-styl, met die steenkoolbunker gemonteer op 'n stewige verlenging van die lokomotief se hoofraam, en met die draaibare agterste enjineenheid onder die groot steenkoolbunker geplaas.[1][3]
Aangesien die agterste bunker slegs steenkool gedra het, het 'n bykomende groot onderbuikwatertenk (onder die ketel) vergoed vir die verminderde waterkapasiteit van die kolewa.[3]
Al sy water is in die voorste bunkertenk en die onderbuikwatertenk gedra, met 'n gesamentlike kapasiteit van 27 000 liter, terwyl die agterste bunker 'n steenkoolkapasiteit van 14 ton gehad het. Die hoofraam het daarom die rookkas, stoomketel, vuuroond, bemanningskajuit, steenkoolbunker, sowel as die onderbuikwatertenk gehuisves.[1]
Dit was groot en kragtige lokomotiewe en aangesien hulle ontwerp is vir passasiersdiens, is hulle vir spoed gebou met hul groot 1520 mm (60 duim) dryfwiele. Om hul 5.574 vk. meter vuuroonde van brandstof te voorsien, is hulle toegerus met meganiese stokers van die duplekstipe. Een van die redes vir die konstruksie van die agterkant van die Unie Garratts op die gewysigde Fairlie-beginsel was vir hul steenkoolbunkers om in 'n reguit lyn met hul vuuroonde te wees, 'n noodsaaklikheid vir die installering van meganiese stokers.[1]
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas GH Garratt-stoomlokomotief.
Verwysings
- Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 56–57. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, soos gewysig
- Paxton, Leith & Bourne, David: Locomotives of the South African Railways p. 93. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2
- Durrant, A E (1989). Twilight of South African Steam (1st ed.). Newton Abbott, London: David & Charles. p. 31. ISBN 0715386387.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |