Klas 15C-stoomlokomotief
Die Suid-Afrikaanse Klas 15C 4-8-2 van 1925 is 'n Suid-Afrikaanse stoomlokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era.
Klas 15C Big Bill, c. 1925 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Baldwin Locomotive Works |
Vervaardiger | Baldwin Locomotive Works |
Serienommer | 58307, 58308, 58708-58717 |
Model | Klas 15C |
Klas | Klas 15C, 15CB |
Vervaardig | 1925-1926 |
Aantal gebou | 12 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-8-2 (Mountain) |
UIC wielklassifikasie | 2'D1'h2 |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 30 in (762 mm) |
Gekoppelde wiele | ♠ 57 in (1 448 mm) ♥ 60 in (1 524 mm) |
Agterwielomtrek | 33 in (838 mm) |
Wielbasis | 65 ft 3 1⁄4 in (19 895 mm) |
Hoogte | ♠ 12 ft 10 in (3 912 mm) ♥ 12 ft 11 1⁄2 in (3 950 mm) |
Asbelasting | ♠♣ 17 LT 13 cwt (17 930 kg) ♠♦ 17 LT 2 cwt (17 370 kg) ♥♣ 17 LT 19 cwt (18 240 kg) ♥♦ 17 LT 8 cwt (17 680 kg) |
Massa op dryfwiele | ♠♣ 70 LT 7 cwt (71 480 kg) ♠♦ 68 LT 3 cwt (69 240 kg) ♥♣ 71 LT 8 cwt (72 550 kg) ♥♦ 69 LT 4 cwt (70 310 kg) |
Lokomotiefmassa | ♠♣ 104 LT 16 cwt (106 500 kg) ♠♦ 103 LT 7 cwt (105 000 kg) ♥♣ 105 LT 17 cwt (107 500 kg) ♥♦ 104 LT 8 cwt (106 100 kg) |
Tendermassa | 69 LT 8 cwt (70 510 kg) |
Gesamentlike massa | ♠♣ 174 LT 4 cwt (177 000 kg) ♠♦ 172 LT 15 cwt (175 500 kg) ♥♣ 175 LT 5 cwt (178 100 kg) ♥♦ 173 LT 16 cwt (176 600 kg) |
Tendertipe | KT (2-as boegies) |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 14 LT (14,2 t) |
Waterkapasiteit | 6 000 imp gal (27 300 l) |
Stoomketeldruk | ♠ 200 psi (1 379 kPa) ♥ 210 psi (1 448 kPa) |
Vuurroosteroppervlak | 48 sq ft (4,5 m2) |
Vuurkastipe | Koepeldak en kamer |
♠ 2 554 sq ft (237,3 m2) ʘ 2 361 sq ft (219,3 m2) | |
– Vuurkas | 200 sq ft (19 m2) |
♠ 2 777 sq ft (258,0 m2) ʘ 2 584 sq ft (240,1 m2) | |
Oorverhittersoort | Schmidt |
Oorverhitteroppervlak | ♠ 716 sq ft (66,5 m2) ʘ 670 sq ft (62 m2) |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | ʘ 23 in (584 mm) bore ʘ 24 in (610 mm) bore ʘʘ 28 in (711 mm) stroke |
Klepwerk | Walschaerts |
Klepsoort | Suier |
Koppelsisteem | Johnston skakel-en-pen AAR-kneukel (1930s) |
Werkverrigting | |
Kraglewering | ♠ʘ 38 980 lbf (173,4 kN) @ 75% ♠ʘ 42 440 lbf (188,8 kN) @ 75% ♥ʘ 38 880 lbf (172,9 kN) @ 75% ♥ʘ 42 340 lbf (188,3 kN) @ 75% |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë |
Aantal in klas | 12 |
Vlootnommer(s) | 2060–2071 |
Bynaam | Big Bill |
Afleweringsdatum | 1925-1926 |
Eerste tog | 1925 |
Onttrekkingsdatum | 1976 |
In 1925 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë twee Klas 15C-stoomlokomotiewe met 'n 4-8-2 Mountain-tipe wieluitleg in diens geplaas.[1]Nog tien lokomotiewe is bestel en 'n jaar later afgelewer.
Vervaardiger
Die Klas 15C 4-8-2 stoomlokomotief is in 1925 en 1926 deur Baldwin Locomotive Works (BLW) gebou, wat voldoen aan die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAR) vereistes sover moontlik, maar ook met die integrasie van die nuutste Amerikaanse spoorweg ingenieurspraktyke. Hierdie lokomotiewe het verskeie eienskappe wat nuut was vir die SAR daardie tyd, soos bovoer na die ketel, self-skoonmaak rookkaste, Sellar se drywende kleppe en ghriessmering. Hul vuurkaste was toegerus met suigbuise om die baksteenboog te ondersteun en sirkulasie te verbeter. [2][1]
Klas 15CA en Klas 15CB
Die Klas 15C lokomotiewe het egter begin kraak kort na hulle in diens gestel is. Die Suid-Afrikaanse Spoorweë het soortgelyke modelle van American Locomotive Co. (Alco) bestel met verbeterde ontwerpe en hulle is as Klas 15CA geklassifiseer. Die A het na Alco verwys. Die oorspronklke Klas 15C's is as Klas 15CB geklassifiseer, die B verwys na Baldwin. Daar is altesaam 83 lokomotiewe van die klas afgelewer tussen 1926 en 1930.
Hulle het eers diens gedoen op die Kaapstad-Johannesburg-hooflyn maar is later ook in die Vrystaat gebruik. Hulle is ook later na die Oos- en Wes-Transvaal en 'n paar na KwaZulu-Natal oorgeplaas.
- 'n Klas 15C 4-8-2
- 'n Klas 15CA 4-8-2
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas 15C-stoomlokomotief.
Verwysings
- Paxton, Leith & Bourne, David. Locomotives of the South African Railways. Struik. Kaapstad. pp. 10-11, 60-61. ISBN 0 86977 211 2
- Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 46–49. ISBN 978-0-7153-5427-8.