Klaasvoogds

Klaasvoogds is ‘n landboustreek ten ooste van Robertson.

Die Klaasvoogds vallei.

Die gebied is ‘n 9 km vanaf Robertson in die rigting van Ashton. Daar is ‘n posagentskap en ‘n spoorweghalte met die naam. Teenswoordig is die vernaamste aktiwiteit wingerdbou. Die Klaas Voogdsrivier is ‘n onbeduidende stroom wat naby die dorp by die Breederivier aansluit.

Klaas Voogd was waarskynlik ‘n leier van ‘n veldtog wat teen plunderende Khoikhoi opgetree het.

Lees ook

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.