King Power-stadion

Die King Power-stadion is ’n sokkerstadion in Leicester, Engeland, met sitplek vir 32 262 mense. Dit is die tuisveld van Leicester City FC. Die stadion is in 2002 geopen en is die 19de grootste, in terme van kapasiteit, in Engeland. Die stadion se naam is ontleen aan King Power, ’n maatskappy wat aan Vichai Raksriaksorn, eienaar van Leicester City, behoort.[2]

King Power-stadion
Ligging Filbertweg, Leicester, Engeland
Koördinate 52°37′13″N 1°8′32″W
Eienaar K Power Holdings Co Ltd[1]
Kapasiteit 32 262
Oppervlak Desso GrassMaster
Konstruksie
Gebou 2002
Geopen 2002
Huurders
Leicester City F.C. (2002-huidig)

Rugby

Buiteaansig van die King Power-stadion

In 2004 het die Leicester Tigers, Engeland se rugbyklub met die grootste ondersteunersbasis, dit oorweeg om die stadion met Leicester City te deel omdat Welford Road (met plek vir 16 815 mense) te klein geword het vir die toenemende groei in rugbyondersteuners. Die plan sou wees om ’n maatskappy te stig waarvan albei klubs die eienaar sou wees en om dan die stadion aan te koop. Die onderhandelinge is in 2005 laat vaar nadat die klubs nie op die terme ooreen kon kom nie. Weens die bedenklike toestand van die sokkerklub se finansies het gerugte steeds die rondte gedoen dat die klubs die stadion sou deel met sommiges wat van mening was dat die Tigers die stadion wou koop. In 2007 is die gerugte ’n nekslag toegedien toe die Tigers beplanningsgoedkeuring ontvang het om ’n nuwe pawiljoen met 10 500 sitplekke te bou, gekry het.

Die Tigers het egter ses wedstryde op die stadion gespeel, hetsy om die groter kapasiteit te benut of wanneer toernooireëls vereis het dat die klub nie op sy tuisveld mag speel nie. Die eerste wedstryd was ’n Heineken-bekerhalfeindstryd op 24 April 2005 waarin die Tigers met 27–19 teen Toulouse verloor het; 31 883 het na hierdie wedstryd kom kyk. Op 1 April 2006 het die Tigers met 15–12 teen Bath verloor in ’n Heineken-bekerkwarteindstryd voor ’n skare van 32 500. Die derde Heineken-bekerwedstryd aldaar was op 21 April 2007 toe die Tigers die Llanelli Scarlets met 33–17 geklop het in ’n halfeindstryd. Met die uitbreiding van Welford Road is dit waarskynlik dat die enigste rugbywedstryde wat in die King Power-stadion gespeel sal word halfeindstryde sal wees waarin die Tigers tuis mag speel, wat beteken dat hulle enige geskikte Engelse stadion, anders as hul eie tuisveld, kan gebruik.

Op 3 Desember 2006 het die Springbokke ’n wedstryd teen ’n Wêreld-XV op die King Power-stadion gespeel om die eeufeesviering van hulle eerste oorsese wedstryd te gedenk.[3] Voorts is 3 poelwedstryde van die Rugbywêreldbeker 2015 daar gespeel: Argentinië teen Tonga, Argentinië teen Namibië en Kanada teen Roemenië.

Rugbywêreldbeker 2015

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2015.
Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
4 Oktober 201514:30Vlag van Argentinië Argentinië45–16Vlag van Tonga TongaGroep C29 124
6 Oktober 201516:45Vlag van Kanada Kanada15–17Vlag van Roemenië RoemeniëGroep D27 153
11 Oktober 201512:00Vlag van Argentinië Argentinië64–19Vlag van Namibië NamibiëGroep C30 198

Lys van rugbywedstryde

Datum Toernooi Tuisspan Wegspan
24 April 2005 2004–05 Heineken-bekerhalfeindstryd Leicester Tigers 19 Toulouse 27
1 April 20062005–06 Heineken-bekerkwarteindstrydLeicester Tigers12Bath15
3 Desember 2006Vriendskaplike wedstrydWêreld-XV7Suid-Afrikaanse XV32
21 April 20072006–07 Heineken-bekerhalfeindstrydLeicester Tigers33Llanelli Scarlets17
11 April 20092008–09 Heineken-bekerkwarteindstrydLeicester Tigers20Bath15
25 April 20092008–09 Guinness Premierskap, Ronde 22Leicester Tigers73Bristol3
9 Mei 20092008–09 Guinness Premierskap halfeindstrydLeicester Tigers24Bath10

Sokker

Wedstryde

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Toeskouers
3 Junie 200320:00Vlag van Engeland Engeland2–1Vlag van Serwië en Montenegro Serwië en Montenegro30 900
12 Oktober 200315:00Vlag van Jamaika Jamaika0–1Vlag van Brasilië Brasilië32 000
29 Mei 2006Vlag van Jamaika Jamaika1–4Vlag van Ghana Ghana32 000

Verwysings

  1. "Eienaars van Leicester City koop King Power-stadion". www.LCFC.com (in Engels). Leicester City F.C. 1 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 April 2016. Besoek op 1 Maart 2013.
  2. (en) "Leicester herdoop Walkers-stadion na King Power-stadion". BBC Sport. 5 Julie 2011. Besoek op 7 Julie 2011.
  3. "Marshall gaan vir wêreldspan speel". BBC Sport (in Engels). 24 Oktober 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2006. Besoek op 11 Augustus 2009.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.