King Edward Point
King Edward Point is 'n permanente navorsingstasie op die Britse oorsese gebied Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande wat as hoofstad van dié gebied dien.[1] Die nedersetting is volgens bevolking die kleinste hoofstad ter wêreld, aangesien dit 'n bevolking van 12 gedurende die winter en 22 gedurende die somer het. King Edward Point is na die Britse monarg Edward VII genoem.
![](../I/King_Edward_Point_(South_Georgia).jpg.webp)
'n Uitsig oor King Edward Point met Grytviken op die agtergrond links
King Edward Point | |
---|---|
Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Oorsese gebied | ![]() Suidelike Sandwicheilande |
Koördinate | 54°17′S 36°30′W |
Tydsone | GST (UTC –2) |
King Edward Point lê langs die noordkus van Suid-Georgië naby Grytviken, wat soms as hoofstad van Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande beskou word. Grytviken is egter die plek van 'n verlate walvisstasie en dus 'n spookdorp.
Verwysings
- "Local laws and customs – South Georgia and South Sandwich Islands (British Overseas Territory) travel advice – GOV.UK". www.gov.uk (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2020. Besoek op 28 September 2017.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie King Edward Point.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.