Kinaboom

Die Kinaboom (Rauvolfia caffra) is 'n klein tot middelslag boom. Die boom kom noord van Oos-Londen tot in Gauteng, Mpumalanga, en Limpopo voor. Hulle word altyd naby water gevind aan stroom-oewers. In Engels staan die boom bekend as die Quinine-tree.

Kinaboom
Rauvolfia caffra, stam en blare.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Rauvolfia
Spesie:
R. caffra
Binomiale naam
Rauvolfia caffra
Sond.
Sinonieme

R. natalensis

Blare

Die blare word in kranse van drie tot vyf gedra en die blaarrande neig om met die blaarsteel saam te smelt.

Vrugte

Die vrugte word in pare on enkel gedra en is vlesig, ongeveer 13 cm in deursnee. Die vrugte word swart en verrimpel wanneer hulle ryp is.

Medisinale waarde

Die sap van die boom is melkerig, dun en bitter. Dit was voorheen teem malaria gebruik maar word tans as ondoeltreffend beskou. Die wortelbas bevat reserpien wat as kalmeermiddel gebruik word en ook teen hoƫ bloeddruk.

Sien ook

Bron

  • Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.