Kimchi
Kimchi (Hangeul: 김치, Koreaanse uitspraak: [kimtɕʰi]) is 'n tradisionele gefermenteerde Koreaanse bygereg (banchan) wat van groente gemaak en met 'n verskeidenheid speserye soos rooi peper, uie, knoffel of gesoute seekos gekruie word.
Kimchi
'n Tradisionele bygereg
(banchan) van Korea
Tradisionele kimchi-potte
Kimchi, wat 'n geurige, suur smaak het, word volgens die tradisionele metode dikwels maande lank ondergronds in erdekruike bewaar om te fermenteer. Daar is honderde variasies van kimchi, met Chinese kool, radyse, preie (Allium porrum) of komkommers as hoofbestanddele.
Kimjang, die tradisionele gemeenskaplike bereiding van kimchi, is deur Unesco in 2013 as 'n nie-materiële kultuurerfenis van die mensheid gelys.[1]
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.