Kikuyu
Kikuyu of Gikuyu (Gĩkũyũ, [ɣēkōjó]) is 'n Bantoetaal in Oos-Afrika wat deur sowat 6,6 miljoen mense gepraat word. Dit word hoofsaaklik deur die Kikuyu in die drie lande Kenia, Tanzanië en Uganda gepraat. Kikuyu is ná Swahili en nog voor Engels die tweede mees gesproke taal in Kenia en word veral in die sentrale provinsie tussen die stede Nyeri en Nairobi gebesig. Die Kikuyu vorm ook die grootste etniese groep in Kenia, met sowat 4,4 miljoen mense.[2]
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kikuyu (volk).
Kikuyu/Gikuyu Gĩkũyũ | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ɣēkōjó] | |
Gepraat in: | ![]() ![]() ![]() | |
Gebied: | Groot Mere van Afrika | |
Totale sprekers: | 6,6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Noordoos-Bantoe Kikuyu–Kamba Suid-Kikuyu–Kamba Kikuyu–Embu Kikuyu/Gikuyu | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | geen | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ki | |
ISO 639-2: | kik | |
ISO 639-3: | kik | |
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Gikuyu" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 7 Julie 2018.
- "Kikuyu" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2019. Besoek op 7 Julie 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.