Kiesel
Kiesel is 'n algemene term vir klein steentjies, gruis of grint, wat gewoonlik verwys na enige stof wat hoofsaaklik uit die oksiede van silikon opgebou is.
Die suiwerste vorm daarvan is silikondioksied, maar die begrip kiesel sluit ook sy gehidrateerde vorme in wat chemies as kieselsure of sy soute wat as silikate bekend is.
Kiesel kan ook biogeen van aard wees, soos die skelette van diatome of glassponse, wat op silikon gebaseer is.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.