Kiepersol, Mpumalanga

Kiepersol is 'n nedersetting in die Mbombela Plaaslike Munisipaliteit (in Ehlanzeni-distrik) in Mpumalanga.

Kiepersol
Nedersetting
Kiepersol is in Mpumalanga
Kiepersol
Kiepersol
 Kiepersol se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 25°3′48″S 31°2′20″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieMpumalanga
DistrikEhlanzeni
MunisipaliteitMbombela
Skakelkode013

Kiepersol is baie naby aan die dorp Hazyview geleë. Dit is na die inheemse kiepersol (boom) vernoem, wat in oorvloed in die laeveld voorkom, alhoewel die omgewing meestal uit aangeplante piesangplantasies bestaan. Ander vrugte wat hier volop voorkom, sluit in mango's, avokado's en makadamianeute.[1] Die Phabenihek van die Krugerwildtuin is ook digby Hazyview.[2]

Sien ook

Verwysings

  1. "South Africa Kiepersol" (in Engels). ShowMe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2019. Besoek op 10 Augustus 2015.
  2. "Kiepersol, Mpumalanga". SA Travel Directory. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Januarie 2014. Besoek op 10 Augustus 2015.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.