Khalil Gibran

Gibran Khalil Gibran, Arabies: جبران خليل جبران, Siries: ܓ̰ܒܪܢ ܚܠܝܠ ܓ̰ܒܪܢ, in Engels word na hom verwys as Kahlil Gibran, (Bsharri 6 Januarie 1883 - New York Stad, 10 April 1931) was 'n kunstenaar, digter en skrywer.

Khalil Gibran
Kahlil Gibran in  1913
Gebore
Gibran Khalil Gibran

6 Januarie 1883
Sterf10 April 1931
NasionaliteitVerenigde State, Libanon
BeroepKunstenaar, digter en skrywer
Bekend virSkrywer van Die profeet
Handtekening

Lewensloop

Gibran is in Libanon gebore. Sy ouers was Maronitiese Christene. Toe hy 12 was, het sy ma saam met haar kinders na die Verenigde State van Amerika vertrek, maar Khalil na 'n kort tydjie teruggestuur om voort te gaan met sy opvoeding. In 1901 verlaat hy Beiroet en gaan na Europa. Daar het hy in kontak gekom met Europese moderniste en romantiek. Sy eerste boek al-Musiqa (1905), wat eintlik meer 'n pamflet was, was 'n romantiese lofsang vir musiek. Die grootste deel van sy produktiewe lewe bring hy deur in Boston en Parys.

Gibran het met sy digterlike werke geskiedenis gemaak: veral sy boek Die profeet het baie gewild geraak by die publiek en word tot vandag toe deur baie as 'n persoonlike Bybel gebruik. Hy is ook in die Arabiese wêreld bekend as 'n vrydenker en skrywer, een van die min van sy tyd wat buite die grense en oor verskille heen gekyk het. Hy het net soveel in Engels geskryf as in Arabies, meestal kortverhale en prosiëse gedigte. In teenstelling met die gewone Arabiese literatuur, is sy werk baie toeganklik, ook vir godsdienstiges en diegene wat tuis voel in ateïsme. Sy reputasie as 'n sentrale figuur in die moderne Arabiese letterkunde is nie betwyfel nie.

Benewens die skryfwerk, het hy gereeld geskilder; sy boeke bevat baie van sy kuns werke. Later beskryf hy sy lewe in Libanon as idillies, in sy werk skyn baie van die volkskultuur en die natuurlike skoonheid van Libanon deur.[1]

Werk

Sy skilderye en tekeninge is oral in die wêreld te vind. Sy boeke kombineer Westerse en Oosterse mistisisme. Sy digterlike werk is in meer as 25 tale vertaal. Die volgende werke vermeld die datum van die oorspronklike uitgawe met die Afrikaanse titel:

1908: Gees van opstand

1912: Gebreekte vlerke

1914: 'n Traan en 'n glimlag

1918: Die dwaas

1920: Die voorloper

1923: Die profeet

1928: Jesus, die mensekind

1933: Die tuin van die profeet [2]

Verwysings

  1. https://www.poetryfoundation.org/poets/kahlil-gibran |Kahlil Gibran. 1883–1931.Poetry Foundation. Besoek op 6 Mei 2019}}
  2. https://www.spirituelevrienden.com/boeiende-persoonlijkheden/kahlil-gibran/ Geargiveer 2 Julie 2020 op Wayback Machine ,Kahlil Gibran, dichter, denker en schilder, Uitgewerː Spirituele vrienden Besoek op 6 Mei 2019
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.