Kh-29

Die Kh-29 is 'n Russies vervaardigde geleide lug-tot-grond missiel wat soos die meeste Russiese wapentuig, op vele Russiesvervaardigde aanvalsvliegtuie, soos die Su-25(T) gebruik kan word. Die Kh-29 is ontwikkel deur Zvezda-Strela. Alle variante gebruik 'n Kh-29 missiellugraam, maar het verskillende geleidingsstelsels. Die 'L'-variant is toegerus met lasergeleiding. Die missiel is geskik om brûe en bunkers te vernietig.

Kh-29

'n Kh-29T missiel (in die middel) Russiese naam: X-29T
Missiel:Kh-29
Herkoms:Russiese Federasie
Operasioneel:1980
Gebruik vir:Lug-tot-grond missiel, anti-bunker
In gebruik op:Ka-52, Su-24, Su-25T, Su-34, Su-35, MiG-29K
Reikafstand:T - 12 km, L - 10 km
Plofkop:Gelykstaande aan 320 kg TNT

In gebruik deur

Variante

Die Kh-29 bestaan uit die volgende drie variante;

  • Kh-29T het 'n TV kamera, na lansering selfgeleid.
  • Kh-29L is toegerus met semi-akiewe laser geleiding
  • Kh-29D hittegeleid, na lansering selfgeleid.

Alle missiele word deur NAVO as die AS-14 Kedge geklassifiseer.

Eksterne informasie

ube.com/watch?v=XkKMm5g9I0E Kh-29T op MiG-29.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.