Kernreaktor

'n Kernreaktor is 'n toestel wat 'n kernkettingreaksie inisieer, beheer en onderhou. Die mees algemene gebruik van kernreaktore is vir die opwekking van elektrisiteit (sien kernkrag) en vir die aandrywing van sommige skepe. Dit word gewoonlik uitgevoer deur metodes wat die gegenereerde hitte vanaf die kernreaksie gebruik om 'n stoomturbine aan te dryf.

'n Kernreaktor
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.