Kergueleneilande

Die Kergueleneilande of die Kerguelenargipel (Frans: Îles Kerguelen of Archipel de Kerguelen; amptelik Archipel des Kerguelen of Archipel Kerguelen) is 'n eilandgroep in die suidelike Indiese Oseaan wat sowat 3 300 km suidoos van die suidpunt van Afrika geleë is. Die Kergueleneilande is geleë by 49°15′S 69°35′O en word onder die mees afgeleë gebiede op aarde gereken. Daar is geen inheemse bevolking nie, maar Franse navorsingstasies op die eilande word permanent beman deur tussen vyftig en eenhonderd wetenskaplikes, ingenieurs en navorsers.[1]

Kergueleneilande
Îles Kerguelen
(Frans)
(Vlag van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede) (Wapen van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede)
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité
Ligging van die Kergueleneilande in die suidelike Indiese Oseaan
Ligging van die Kergueleneilande in die suidelike Indiese Oseaan
Kaart van die Kergueleneilande
Kaart van die Kergueleneilande
Amptelike tale Frans
Hoofstad Geen
Grootste stad Geen
Oppervlakte
 - Totaal
7 215 vk km
Bevolking
 - Totaal
 - Bevolkingsdigtheid
120 (2006)
0,02/vk km
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone UTC+10
Volkslied La Marseillaise
Kergueleneilande
Cookgletser

Die hoofeiland Grande Terre, oorspronklik Desolation Island genoem, is van vulkaniese oorsprong en beslaan 'n oppervlakte van 6 675 km2. Dit word omring deur driehonderd kleiner eilande en riwwe wat gesamentlik 'n argipel met 'n totale oppervlakte van 7 215 km² vorm. Die klimaat is koud, baie winderig en die see is gewoonlik onstuimig.

Die eilandgroep maak deel uit van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede (Terres Australes et Antarctiques Françaises, kort TAAF) wat ook Terre Adélie in Antarktika, die Crozet-argipel, die eilandjies Amsterdam en Sint-Paul en – sedert 2005 – die "Verspreide Eilande" (Îles Éparses) rondom Madagaskar insluit.

Satelliet-eilande

Die belangrikste van die satelliet-eilande is:

Hoofeiland

Die hoofeiland is 150 km van oos na wes en 120 km van noord na suid. Die hoogste piek is Mont Ross, met 'n hoogte van 1850 m. In die Weste word dit bedek deur Cookgletser. Die eiland het talle skiereilande, soos:

  • Péninsule Courbet (Oos)
  • Presqu'île Jeanne d'Arc (Suidoos)
  • Presqu'île Ronarch (Suidoos, geheg aan Presqu'île Jeanne d'Arc)
  • Péninsule Rallier du Baty (Suidwes)
  • Péninsule Loranchet (Noordwes)
  • Presqu'île de la Société de géographie (Noord)
  • Presqu'île Joffre (Noord)

Geskiedenis

Die eilande is een van vier distrikte van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede, en is in Februarie 1772 deur Yves-Joseph de Kerguelen-Trémarec ontdek. Die argipel is ontgin vir sy robbe tot die vernietiging van die bevolking, pelsrobbe in die 18de eeu en seeolifante in die vroeë 20ste eeu. 'n Aantal ekspidisies het die eilande vlugtig besoek insluitend dié van James Cook in 1776.

Tydens Kersfees 1940 was die Duitse hulpkruiser Atlantis by Kergueleneiland. Gedurende die besoek het hulle onderhoud gedoen en hul watervoorraad aangevul. Die bemanning se eerste ongeval kom toe 'n matroos val terwyl hy die skoorsteen verf. Hy is begrawe in wat soms "die mees suidelike Duitse oorlogsgraf" genoem word.

Kerguelen is sedert 1949 deur 'n klein aantal wetenskapspanne, met 'n bevolking van tussen 50-100 altyd teenwoordig, gebruik. Daar is ook 'n satellietvolgstasie. Die hoofeiland is die tuiste van 'n goed gevestigde wilde huiskatbevolking wat van skeepskatte afstam. Hulle oorleef van seevoëls en nie-inheemse konyne wat na die eilande ingevoer is.

Hoofbasis

Die hoofbasis, "hoofstad" van die distrik, is geleë by die oorstelike punt van die Golfe du Morbihan by 49°21′S 70°13′O en staan bekend as Port-Aux-Français. Fasiliteite sluit 'n kroeg, gimnasium, hospitaal, biblioteek en die kapel van Notre-dame des Vents in. Historiese plekke, almal op die hoofeiland, sluit in:

Sedert 1963 is 49°22′S 70°14′O, net oos van Port-aux-Français, 'n lanseerplek vir peilvuurpyle, meestal Amerikaanse Arcas, Franse Dragon en Frans-Sowjet Eridans, maar uiteindelik hoofsaaklik vir 'n Sowjetprogram (M-100).

Fauna

Verskeie pikkewyn en voëls spesies woon op die eiland. Die koningpikkewyn en witoorpikkewyn broei op die eiland.

Die Kergueleneilande in fiksie

  • In die seervaardersroman Desolation Island, een van die Aubrey–Maturin reeks deur Patrick O'Brian, herstel die bemanning hulle stukkende skip op 'n eiland wat sterk ooreenkom met Kerguelen, alhoewel daar later in die boek beweer word dat 'n ander Desolation Island is.
  • In The Narrative of Arthur Gordon Pym of Nantucket, Edgar Allan Poe se enigste voltooide roman, stap die bemanning van die Jane Guy by Kergueleneiland aanwal voor hulle op die ou einde aanbeweeg na die Suidpool.
  • Die argipel speel 'n rol in die roman Kilo Class deur Patrick Robinson ISBN 0-06-109685-7
  • Warbots (no. 5) Operation High Dragon behels 'n geheime Chinese militêre basis geleë op Kergueleneiland. ISBN 1-55817-159-2
  • In die Deense grafiese roman Mikkeline på skattejagt (Mikkeline se skattejag) deur tekenaar en stokiesvehaalskrywer Claus Deleuran, speel Desolation Island 'n belangrike rol in die knoop. In die grappige storie dien die aktiewe vulkaan Mont Ross as 'n agterdeur na die hel soos beskryf in The Divine Comedy deur Dante Alighieri. ISBN 87-7378-244-0

Kyk ook

Eksterne skakels

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.