Kepler-90
Kepler-90 (ook bekend as KOI 351) is ’n G-tipe hoofreeksster sowat 2 840 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Draak. Dit is bekend daarvoor dat dit nes die Sonnestelsel agt planete het, en hulle stem baie ooreen met ons s’n – die rotsplanete is nader en die gasplanete verder weg.
Kepler-90 | ||||
’n Vergelyking tussen die Kepler-90- en die Sonnestelsel. | ||||
Sterrebeeld | Draak | |||
Spektraaltipe | G0 V | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 18h 57m 44s | |||
Deklinasie | +49° 18′ 19″ | |||
Skynmagnitude (m) | 14 | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,2 | |||
Radius (R☉) | 1,2 | |||
Ouderdom (jaar) | 2 miljard | |||
Temperatuur (K) | 6 080 | |||
Afstand (ligjaar) | 2 840 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,12 | |||
Eienskappe | ||||
Planete | 8 | |||
Ander name | ||||
KOI 351 | ||||
|
Die ontdekking van die agtste planeet, Kepler-90i, is op 14 Desember 2017 deur Nasa en Google aangekondig. Die ontdekking is gedoen met ’n nuwe masjienleermetode wat deur Google ontwerp is.[1][2][3]
Stereienskappe
Kepler-90 is ’n G-tipe hoofreeksster met ’n massa en radius van sowat 120% dié van die Son. Sy oppervlaktemperatuur is 6 080 K en dit is sowat 2 miljard jaar oud. Die Son is in vergelyking daarmee sowat 4,6 miljard jaar oud[4] en het ’n oppervlaktemperatuur van 5 778 K.[5]
Die ster se skynbare magnitude is 14. Dit is dus te dof om met die blote oog te sien.
Planetêre stelsel
Kepler-90 se planete het dieselfde konfigurasie as die Son s’n: Die rotsplanete is die naaste aan die ster en die gasplanete die verste. Die ses binneste planete is óf superaardes óf mini-neptunusse. Twee van die buiteplanete is gasreuse. Die tweede laaste planeet wat ontdek is, wentel feitlik net so ver van sy ster af as die Aarde van die Son af. Die buitenste planeet is nog nie ten volle nagevors nie.
Die Kepler-90-stelsel is die enigste benewens die Son wat sover bekend agt planete het. Al agt planete wentel binne 1 AE van die ster af. Toetse het gewys die stelsel is stabiel.[6]
Die vyf binneste planete (Kepler-90b, c, i, d en e) het vermoedelik ’n sinchroniese rotasie, wat beteken een kant wys altyd na die ster toe en die ander kant is permanent in donkerte gehul.
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Halwe lengteas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
b | — | 0,074 ± 0,016 | 7,008151 | — | 89,4 | 1,31 R⊕ |
c | — | 0,089 ± 0,012 | 8,719375 | — | 89,68 | 1,18 R⊕ |
i | — | 0,107 ± 0,03 | 14,44912 | — | 89,2 | 1,32 R⊕ |
d | — | 0,32 ± 0,05 | 59,73667 | — | 89,71 | 2,88 R⊕ |
e | — | 0,42 ± 0,06 | 91,93913 | — | 89,79 | 2,67 R⊕ |
f | — | 0,48 ± 0,09 | 124,9144 | 0,01 | 89,77 | 2,89 R⊕ |
g | <0,8 MJ | 0,71 ± 0,08 | 210,60697 | — | 89,8 | 8,13 R⊕ |
h | <1,2 MJ | 1,01 ± 0,11 | 331,60059 | — | 89,6 | 11,32 R⊕ |
Verwysings
- Shallue, Christopher J.; Vanderburg, Andrew (16 Desember 2017). "Identifying Exoplanets With Deep Learning: A Five Planet Resonant Chain Around Kepler-80 And An Eighth Planet Around Kepler-90" (PDF preprint). Besoek op 14 Desember 2017 – via Harvard–Smithsonian Center for Astrophysics.
- Chou, Felecia; Hawkes, Alison; Northon, Karen (14 Desember 2017). "Release 17-098 - Artificial Intelligence, NASA Data Used to Discover Eighth Planet Circling Distant Star". Nasa (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020. Besoek op 14 Desember 2017.
- Chou, Felicia; Hawkes, Alison; Landau, Elizabeth (14 Desember 2017). "Artificial Intelligence, NASA Data Used to Discover Eighth Planet Circling Distant Star". Nasa (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Mei 2020. Besoek op 15 Desember 2017.
- Fraser Cain (16 September 2008). "How Old is the Sun?". Universe Today. Besoek op 19 Februarie 2011.
- Fraser Cain (15 September 2008). "Temperature of the Sun". Universe Today. Besoek op 19 Februarie 2011.
- Schmitt, J. R.; Wang, J.; Fischer, D. A.; Jek, K. J.; Moriarty, J. C.; Boyajian, T. S.; Schwamb, M. E.; Lintott, C.; Lynn, S.; Smith, A. M.; Parrish, M.; Schawinski, K.; Simpson, R.; LaCourse, D.; Omohundro, M. R.; Winarski, T.; Goodman, S. J.; Jebson, T.; Schwengeler, H. M.; Paterson, D. A.; Sejpka, J.; Terentev, I.; Jacobs, T.; Alsaadi, N.; Bailey, R. C.; Ginman, T.; Granado, P.; Guttormsen, K. V.; Mallia, F.; Papillon, A. L.; Rossi, F.; Socolovsky, M.; Stiak, L. (26 Junie 2014). "Planet Hunters. VI. An Independent Characterization of KOI-351 and Several Long Period Planet Candidates From the Kepler Archival Data". The Astronomical Journal. 148 (28). arXiv:1310.5912. Bibcode:2014AJ....148...28S. doi:10.1088/0004-6256/148/2/28.
Eksterne skakels
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia