Kenneth Mopeli

Tsiame Kenneth Mopeli (20 September 1930 – 1 Oktober 2014) was die Hoofminister van die voormalige Suid-Afrikaanse bantoestan Qwaqwa.

Kenneth Mopeli

Hoofraadslid van Qwaqwa
Ampstermyn
1975  1975
Voorafgegaan deur Wessel Motha
Opgevolg deur Amp afgeskaf

Hoofminister van Qwaqwa
Ampstermyn
1975  1994
Voorafgegaan deur Nuwe amp
Opgevolg deur Amp afgeskaf

Persoonlike besonderhede
Gebore (1930-09-20)20 September 1930
Namahadi, Unie van Suid-Afrika (nou Vrystaat, Suid-Afrika)
Sterf 1 Oktober 2014 (op 84)
Phuthaditjhaba, Vrystaat, Suid-Afrika
Alma mater Universiteit van Suid-Afrika

Mopeli is in Namahadi gebore en het sy BA (Hons) in 1954 aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf. Daarna was hy 'n onderwyser en het as radio-omroeper by die SAUK gewerk voordat hy 'n lid van die Qwaqwa Gebiedsowerheid geword het.

Mopeli het die Dikwankwetla Party gestig wat 'n oorwinning in die Qwaqwa-verkiesings van 19 Mei 1975 behaal het. Hy het gevolglik die eerste Hoofminister van Qwaqwa geword. Mopeli het die tuisland regeer totdat Qwaqwa in April 1994 weer by Suid-Afrika ingelyf is.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.