Keltiese See
Die Keltiese See (Bretons: Mor Keltiek, Engels: Celtic Sea, Frans: Mer Celtique, Iers-Gaelies: Muir Cheilteach, Kornies: Mor Keltek, Wallies: Y Môr Celtaidd) is 'n see van die Atlantiese Oseaan tussen Ierland in die noorde, Engeland en Wallis in die noordooste en Frankryk met die Bretagne in die suidooste. Die see is in die weste van die Engelse Kanaal en in die noorde van die Golf van Biskaje geleë.
Keltiese See | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Keltiese See | |
Kaart van die Keltiese See | |
Koördinate: | 50°N 8°W |
Ligging: | Republiek van Ierland, Verenigde Koninkryk, Frankryk |
Soort: | See van die Atlantiese Oseaan |
Eiland/e: | Scilly-eilande |
Deur die Sint-Georgekanaal word die Keltiese See met die Ierse See verbind. In die ooste van die Keltiese See is die Scilly-eilande geleë.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Keltiese See.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.