Keimond

Keimond is 'n vakansiedorp geleë langs die monding van die Groot-Keirivier, 94 km noord-oos van Oos-Londen aan die Wildekus van die Oos-Kaap, Suid-Afrika.

Keimond

Kei Mouth
Uitsig op Keimond van die heuwel af.
Uitsig op Keimond van die heuwel af.
Keimond is in Oos-Kaap
Keimond
Keimond
 Keimond se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°40′S 28°22′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikAmathole
MunisipaliteitGroot Kei
Stigting1822
Oppervlak
  Totaal2,07 km2 (0,80 vk. myl)
Hoogte
6,5 m (21,3 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal291
  Digtheid141/km2 (370/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense91.4%
  Indiërs/Asiërs0.7%
  Swart mense7.6%
  Ander0.3%
Taal (2011)
  Engels 64.2%
  Afrikaans 29.0%
  Xhosa 4.3%
  Tswana 1.1%
  Ander 1.4%
Poskode (strate)
5260
Poskode (posbusse)
5260
Skakelkode043

Die nedersetting van Keimond is deur die Britte geskep ná die 8ste Grensoorlog, as deel van die voorste linie van 'n buffersone wat gemik was op die beskerming van Brits-Kaffraria teen die strydende Xhosa-stamme.

In 1930 het Huberta, die bekende seekoei, haar in die Keirivier net bokant die derde grot tuisgemaak. Sy is uiteindelik verjaag en het haar reis na die suide voortgesit.

Sport

'n Duitse howitzerkanon waarop tydens die Eerste Wêreldoorlog in Suidwes-Afrika beslag gelê is, word in Grosvenorpark in Keimond uitgestal.

Rolbal en gholf is gewilde tydverdrywe in Keimond. Die Keimond Buiteklub het 'n 12-putjie gholfbaan asook 'n rolbal- en muurbalbaan aangrensend aan die kampterrein.

Ander sportaktiwiteite sluit in bergfietsry, perdry en watersport soos swem, hengel, roei, seilplankry en seiljagvaart.

Toerisme

Die ekonomie van Keimond draai hoofsaaklik om toerisme as gevolg van sy ligging op die suidelike ingang na die voormalige Transkei. Alhoewel baie van die inwoners afgetredenes is, word 'n beduidende deel van die behuising as vakansiehuise deur gesinne in die binneland besit. Daar is verskeie akkommodasiegeriewe, 'n munisipale kampterrein, twee restaurante en kroeë, twee klein supermarkte en 'n vulstasie.

Fotogalery

Sien ook

Verwysings

  1. "Hoofplek Keimond". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.