Keate-uitspraak

Die Keate-uitspraak was arbitrasie oor die eiendomsreg van die Griekwaland-Wes diamantveld uitgevoer deur luitenant-generaal Robert Keate van Natal. In 1870 het hy uitspraak gegee ten gunste van die Zuid-Afrikaansche Republiek in sy grensgeskil met die Oranje-Vrystaat. Toe hy 'n jaar later ontbied is as finale arbiter in 'n soortgelyke verskil tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Griekwa-opperhoof, Nicolaas Waterboer, het Keate sy uitspraak teen die republiek gegee.

Bronne

  • Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.