Kawango-Wes

Kawango-Wes is sedert 8 Augustus 2013 een van die 14 streke van Namibië. Die streek se naam is van die Kawango's afgelei. Kawango-Wes se hoofstad en grootste stad is Nkurenkuru. In die weste word die streek deur Oshikoto en Ohangwena begrens en in die ooste deur Kawango-Oos. Die Okavangorivier vloei deur die streek, digby die grens met Kawango-Oos. Op 8 Augustus 2013 is Kawango opgedeel in Kawango-Oos en Kawango-Wes. In die noorde is Angola geleë en in die suide Otjozondjupa.

Kawango-Wes
Hoofstad:Nkurenkuru
Grootste stad:Nkurenkuru
Bevolking:107 505
Goewerneur:Sirkka Ausiku (SWAPO)
Ligging van Kawango-Wes in Namibië
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.