Katsjkarinski
Katsjkarinski (Russies: Качкаринский) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Samosdelka Plaaslike munisipaliteit wat nog vier nedersettings, Aleksejefka, Arsjin, Forpost en Samosdelka, insluit.
Katsjkarinski Качкаринский | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Katsjkarinski Die ligging van Katsjkarinski in Astrachan-oblast | |
Koördinate: 46°00′12″N 47°57′55″O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Kamiziak |
Bevolking | |
• Totaal | 190 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416305 |
Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is Katsjkarinski op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op die regteroewever van die klein Nowostankastroom.
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Katjskarinski 181 inwoners gehad. Ten spyte van sy klein bevolking, is die dorpie etnies baie divers. Dit is die enigste dorpie in Astrachan-oblast waar etniese Oesbeke die grootste bevolkingsgroep is.[1]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Oesbeke | 69 | 38,1% |
Russe | 33 | 18,2% |
Kasakke | 32 | 17,7% |
Dargine | 22 | 12,2% |
Tsjetsjniërs | 18 | 9,9% |
Oekraïners | 3 | 1,7% |
Onbekend | 4 | 2,2% |
Totaal | 181 | 100% |
Verwysings
- Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 30 Julie 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.