Katedraal van Brasília
Die Katedraal van Brasília (amptelik: Catedral Metropolitana Nossa Senhora Aparecida) in die Brasiliaanse hoofstad is volgens 'n ontwerp van die bekende argitek Oscar Niemeyer opgerig. Die hiperboliese struktuur met 'n betonraam pronk met 'n kenmerkende oop glasdak en is van sestien gelykvormige betonkolomme met 'n hiperboliese seksie en 'n gewig van 90 ton voorsien.
Die katedraal versinnebeeld twee hande wat na die hemel toe uitstrek en is op 31 Mei 1970 ingewy.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Katedraal van Brasília.
- (pt) Amptelike webwerf
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.