Maroen
Maroen is 'n donker bruinrooi [1] kleur wat sy naam kry van die Franse woord marron, of kastaiingbruin [1] van die Engelse "chestnut".[2]
Dit is ook sinoniem met die Italiaanse woord marrone en die Middeleeuse Grieks maraon.[3] Die Oxford English Dictionary beskryf dit as 'n "bruinrooi of klaret kleur"[3]
#800000 |
Vir die RGB-model wat vir kleure op rekenaarskerms en televisiemonitors gebruik word, kan maroen geskep word deur die helderheid van rooi met sowat die helfte te verminder.
Kleurkoördinate
Volgens verskeie kleurskemas word maroen as volg voorgestel:
Model | Koördinate |
---|---|
Heksadesimale kode | #800000 |
RGB-kleurmodel | (128, 0, 0) |
HSV | (0°, 100%, 50%) |
Verwysings
- Tweetalige Woordeboek. Bosman, van der Merwe & Hiemstra, 1964
- "Maroon". Princeton WordNet.[dooie skakel]
- Shorter Oxford English Dictionary, 5de uitgawe (1973).
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.