Kassapa Boeddha

Kassapa Boeddha, bekend as Kāśyapa in Sanskrit, is een van die antieke Boeddhas wie se biografie voorkom in hoofstuk 24[1] van die Boeddhavamsa, een van die boeke van die Pali-kanon.

Kassapa Boeddha
Anandatempel-Boeddha.
Anandatempel-Boeddha.
Ander name Kāśyapa (Sanskrit)
Persoonlik
Nasionaliteit Indies
GeboreIsipatana-park in Varanasi (nou in Indië)
OorledeOp 40 000 jaar in Kasji (nou in Indië)
Loopbaan
TitelDie Boeddha
Voorganger Konagamana Boeddha
OpvolgerGautama Boeddha
Vertalings
SanskritKāśyapa Buddha
PaliKassapa Buddha
Singaleesකස්සප බුද්ධ
Tibettaansའོད་སྲུང་ཆེན་པོ (Ösung Chenpo)
ViëtnameesPhật Ca-Diếp
Tradisionele Sjinees迦葉佛
Japannees迦葉; かしょう (Kashō)

Volgens die Theravada-Boeddhistiese tradisie is Kassapa die 27ste van die 29 Boeddhas wie se naam bekend is, die 6de van die Sewe Boeddhas van die Antieke Tyd, en die derde van die vyf Boeddhas van die huidige kalpa.[2]

Die huidige kalpa word die bhadrakalpa ("Gunstige Eon") genoem. Die vyf Boeddhas van dié eon is:[3][4]

  1. Kakusandha
  2. Koṇāgamana
  3. Kassapa
  4. Gautama (die huidige Boeddha)
  5. Maitreya (die toekomstige Boeddha)

Verwysings

  1. Vicittasarabivamsa, U (1992). "Chapter 24: Kassapa Buddhavamsa". In Ko Lay, U; Tin Lwin, U (reds.). The great chronicle of Buddhas, Volume One, Part Two (1st uitg.). Yangon, Myanmar: Ti=Ni Publishing Center. pp. 285–92.
  2. Gärtner, Uta; Jens Lorenz (1994). Tradition and modernity in Myanmar. LIT Verlag. p. 281. ISBN 978-3-8258-2186-9.
  3. Buswell Jr., RE; Lopez Jr., DS (2014). The Princeton Dictionary of Buddhism (1st uitg.). Princeton, New Jersey: Princeton University Press. p. 106. ISBN 978-0-691-15786-3.
  4. "Chapter 36: The Buddhas in the three periods of time". Buddhism in a Nutshell Archives (in Engels). Hong Kong: Buddhistdoor International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2019. Besoek op 21 Desember 2014.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.