Kasairivier
Die Kasai is 'n sytak van die Kongorivier in Sentraal-Afrika. Die rivier begin in Angola en dien as die grens tussen Angola en die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), vloei dan in die DRK verder, waar dit by Kwamouth noordoos van Kinshasa by die Kongorivier aansluit. Die Kasairivier se sytakke sluit in: die Fimirivier, Kwangorivier en die Sankururivier. Die stukkie van die Kasairivier wat strek vanaf die invloei van die Fimirivier tot die Kongorivier staan as die Kwahrivier bekend.
Kasairivier | |
---|---|
Die Kasairivier word in rooi aangedui. | |
Oorsprong | Hoogland van Bié (Angola) |
Monding | Kongorivier Demokratiese Republiek van die Kongo |
Stroomgebied | Angola, Demokratiese Republiek van die Kongo |
Lengte | 2 153 km |
Gemiddelde afloop | 9 873 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 881 890 km² |
Van die visse wat hier aangetref word sluit in:
Sien ook
Eksterne skakels
- Kaart van die Kasairivier se opvanggebied Geargiveer 13 Augustus 2012 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.