Kartlos
Kartlos (Georgies: ქართლოსი) is die mitiese voorvader van die Georgiërs (Kartweliërs) in die Georgiese mitologie, veral van die Kartli van Iberië. Kortlos kom voor in die Middeleeuse Georgiese Kronieke (Kartlis Cxovreba), wat waarskynlik in die 11de eeu deur Leonti Mroveli neergeskryf is na mondelinge oorlewerings.
Volgens legende was hy die seun van Targamos en die broer van Haos, Mowakos, Lekos, Heros, Kawkasos en Egros, van wie ander Kaukasiese volke hul oorsprong het. Kartlos het die volk verenig, hul leier geword en die stad Kartli gestig.
Die afstamming van Kartlos
Noag | ||||||||||||||||
Jafet | ||||||||||||||||
Gomer | ||||||||||||||||
Targamos | ||||||||||||||||
Kartlos | ||||||||||||||||
Verwysings
- Rapp, Stephen H. (2003), Studies In Medieval Georgian Historiography: Early Texts And Eurasian Contexts, p. 427. Peeters Bvba ISBN 90-429-1318-5.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.