Karnmelkspruit

Die Karnmelkspruit is 'n sytak van die Kraairivier in die Senqugebied in die noordoostelike deel van die Oos-Kaap. Dit ontspring in die Witteberg suid van Lesotho, en vloei as 'n stroompie suidweswaarts deur valleie en klowe oos van die dorp Lady Grey tot waar dit verder suid aansluit by die Kraairivier (30.90567°S 27.13288°O / -30.90567; 27.13288).

Karnmelkspruit
Karringmelkspruit
Stroomgebied Senqu, Oos-Kaap
Oorsprong Witteberg
Monding Kraairivier

Karnmelkspruit
Koördinate: 30°48′1″S 27°14′48″O

Die spruit word deur 'n historiese treinspoorlyn gekruis (by 30°48′01″S 27°14′48″O), en die Jan Kemp Vorsterbrug (1973) dra die motorverkeer oor die spruit in die rigting van Barkly-Oos, sowat 50 km verder weg.

Die ou spoorlyn oor die Karnmelkspruit met sy omkeerhaltes 1 tot 6

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.