Karnak
Die Karnak-tempelkompleks, algemeen bekend as Karnak, is ’n groot mengsel van vervalle Antieke Egiptiese tempels, kapelle en ander geboue. Die bou van die kompleks het begin tydens die bewind van Senoesret I tydens die Middelryk en het voortgeduur tot in die Ptolemeïese Tydperk, hoewel die meeste van die bestaande geboue uit die Nuwe Ryk dateer.
Karnak | ||
Pilare van ’n tempel in Karnak. | ||
Koördinate | 25°43′7″N 32°39′31″O | |
Land | Egipte | |
Soort | Heiligdom | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Senoesret I | |
Gestig | 3200 v.C. | |
Tydperk | Middelryk tot Ptolemeïese Ryk | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, iii, vi | |
Verwysing | 87 | |
Streek† | Arabiese State | |
Beskrywing* | Ancient Thebes with its Necropolis | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Die gebied was die hoofplek van aanbidding van die 18de-dinastiese Thebaanse Triade met die god Amoen aan die hoof. Dit is deel van die ruïnes van die stad Thebe en is ’n Unesco-wêrelderfenisgebied.
Die Karnak-kompleks het sy naam verleen aan die nabygeleë moderne dorp El-Karnak, sowat 2,5 km noord van Luxor.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.