Karen Wessels
Karen Wessels is 'n Afrikaanse aktrise en sangeres.
Karen Wessels | |
---|---|
Beroep(e) | Sangeres, aktrise |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 2007 - |
Sy is sedert 2005 deel van die musiekgroep Cutt Glas. Haar debuutalbum, Hoe Durf Jy?, is in 2007 uitgereik.
As aktrise het sy die eenvrou-komedie Groet die Grotvrou op die planke gebring.[1] Van die TV-komedies waarin sy gespeel het is Willie Esterhuizen se Hester en Ester Bester en Munisipaliteit van Gwarra Gwarra, en Casper de Vries se komedies Haak en Steek en die Casper Rasper Show.
Diskografie
- 2007: Hoe durf jy?
Filmografie
- Hoofmeisie, 2011
- Wolwedans in die skemer‎, 2012
- Agent 2000, 2014 as Alet
- Molly en Wors die Movie, 2013 as Hester
- Molly en Wors, 2009 tot 2011
Verwysings
- Die 'grotvrou', Karen Wessels, Sarie se webwerf, besoek op 28 Maart 2010.
Sien ook
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.