Karate Kallie

Karate Kallie is 'n Afrikaanse rolprent wat op 18 September 2009 in teaters begin draai het. Die regisseur en draaiboekskrywer is Wimpie van der Merwe. Die rolprent is gebaseer op 'n kortfilm met die selfde naam wat tydens die InniBos-filmfees gewen het, en 'n gesamentlike eerste plek by die Apollo-filmfees in 2007 behaal het.[1]

Karate Kallie
Regisseur Wimpie van der Merwe
Draaiboek Wimpie van der Merwe
Met Wynand van Vollenstee
Mike Smuts
Leani Lerm
Petrus Harmse
Ateljee New Trend Films
Uitgereik 18 September 2009
Speeltyd 90 minute
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
IMDb-profiel

Genre

Die rolprent is 'n romantiese komedie.

Hoofrolspelers

  • Wynand van Vollenstee as Kallie Haasbroek
  • Mike Smuts as Mike Haasbroek
  • Leani Lerm as Annetjie Kotzé
  • Petrus Harmse as Fritz Kotzé

Ondersteunende akteurs

Storielyn

Die storie gaan oor 'n oorgewig 17-jarige seun wat sukkel om in sy nuwe skool aan te pas. Boonop raak hy op die skool se grootste boelie se suster verlief. Karate Kallie is 'n grapperige rolprent vir die hele gesin.

Sien ook

Verwysings

  1. Film se Facebook-blad, besoek op 24 Julie 2010.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.