Karasee

Die Karasee (Russies: Ка́рское мо́ре, Karskoye more) is 'n see van die Arktiese Oseaan in Noord-Rusland tussen Nowaja Zemlja in die weste, Franz Josef-land in die noordweste, Sewernaja Zemlja in die noordooste en die vasteland van Siberië in die suide. Die Karasee grens aan die Barentssee in die weste, die Arktiese Oseaan in die noorde en die Laptefsee in die ooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 880 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 127 m.[1] Die see is genoem ná die Kararivier; Kara beteken "gedempte ys" in die Nenets-taal.

Hawegeriewe naby die Obmonding
Die vragskip M/V Valeri Vasiliev, in besit van die Azia-redery (AZSCO) in Wladiwostok met tuishawe in Sint Petersburg, bevaar die Obboesem op pad na die seehawe Sabetta
Ysbreker en olietenkskip in die Obboesem
'n Magtige polêre laedrukgebied vorm in die najaar van 2018 tussen die Karasee en Nowaja Zemlja. Die lugdruk in die sentrum van die sikloon daal tot 970 mbar
Foto geneem deur MODIS Terra-satelliet
Die olie- en gasvelde EPNZ 1 tot 3 word deur die Russiese energie-onderneming Rosneft ontgin
Moenie verwar word met Korosee nie.
Karasee

Nasa-Satellietbeeld van die Karasee met die mondings van die Jenisej- (links) en Ob-riviere (regs)

Kaart van die Karasee
Koördinate:77°N 77°O
Ligging:Siberië, Rusland
Soort:See van die Arktiese Oseaan
Oppervlakte:880 000 km² (340 000 myl²)
Gemiddelde diepte:127 m (417 vt)
Maksimum diepte:620 m (2 034 vt)
Volume:121 000 km³
Invloei:Jenisej, Ob
Eiland/e:Franz Josef-land, Nowaja Zemlja, Sewernaja Zemlja
Gevries:Nege maande per jaar

Belangrike riviere wat in die Karasee uitmond is die Jenisej en Ob. Die see is nege maande lank gevries, maar het groot potensiaal as visvanggebied – alhoewel die vangseisoen beperk bly tot die maande Augustus en September waanneer die see ysvry en maklik bevaarbaar is.[2][3]

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.