Kapuas
Die Kapuas (Indonesies en Maleis: Sungai Kapuas, Javaans: Kali Kapuas) is met 'n lengte van 1 143 km (710 myl) die langste rivier op die eiland Borneo, van die eilandnasie Indonesië asook die langste rivier, wat in sy geheel op 'n eiland vloei.

Kapuas | |
---|---|
![]() Die Kapuas by Pontianak | |
![]() Die stroomgebied van die Kapuas | |
Oorsprong | Berg Raya, Iran-bergreeks, Indonesië |
Monding | by Pontianak, Indonesië Karimata-straat |
Stroomgebied | Indonesië |
Lengte | 1 143 km (710 myl) |
Oorspronghoogte | 2 278 m (7 474 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 6 000 m³/s (211 888 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 98 749 km² (38 127 myl²) |
Die Kapuas ontspring by Berg Raya in die Iran-bergreeks in Sentraal-Borneo net suid van die grens tot Maleisië in die provinsie Wes-Kalimantan. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidwestelike rigting tot by Pontianak. Net suid mond die Kapuas in die Karimata-straat, wat die Javasee met die Suid-Chinese See verbind, uit.[1]
Die Kapuas se omgewing is gekenmerk deur reënwoud. Terwyl Pontianak 'n moderne metropool van hoofsaaklik Islamitiese Maleiers is, woon stroomop langs die Kapuas en sy sytakke verskeie Dayak-groepe.
Verwysings
- "Kapuas River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2020. Besoek op 21 Augustus 2017.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kapuas.