Kappie (skryfteken)
Die kappie is 'n diakritiese teken wat as 'n dakvormige teken bo-op 'n letter geplaas word.
![](../I/Circumflexus.svg.png.webp)
Letters met kappies
In Afrikaans kom die kappie voor op die letters e, i, o en u.
Voorbeelde in Afrikaans
- wêreld
- môre
- brûe
- hê
- lê
- sê
- skêr
- militêr
- primêr
- vulgêr
- wîe
ASCII kodes
Kleinletters Windows / Ubuntu | |
---|---|
â | 131 / 83 |
ê | 136 / 88 |
î | 140 / 8C |
ô | 147 / 93 |
û | 150 / 96 |
Hou die Alt-sleutel in terwyl hierdie syfers ingesleutel word in Microsoft Windows.
'n Ander alternatief is ook om op die Windowsknoppie links onder te druk en in die soekblokkie "character" te tik en enter te druk. Daar kan feitlik enige simbool verkry word.
Die heksadesimale karakters kan op Ubuntu gebruik word deur CRTL + SHIFT + U saam te druk, en dan die heksadesimale kode, bv. 88 te gebruik om vir 'n ê te gee.
Kyk ook
- Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)
- Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
- Wikipedia:Riglyne vir voorbladartikels
- Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
- Grondbeginsels van die Afrikaanse spelling
- Wikipedia:Algemene spelfoute
- Speltoetser
- Spelling
- Woordeboek
- Hoofletter
- Koppelteken
- Deelteken
- Akuut-aksentteken
- Gravis-aksentteken
- Afkappingsteken
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.