Kaplat
'n Kaplat (Eng.: purlin) in boukunde is die lat wat in die langsrigting van die dak op die dakkappe of -balke vasgemaak word. Normaalweg dien hulle as draers van dun geprofileerde dakplate van bv. staal of veselsement. Kaplatte word aan dakkappe of -balke vasgespyker, asook met draad verbind om te keer dat dakke afwaai.
![](../I/Common_Purlin_Highlighted.jpeg.webp)
Aansig van 'n dak wat gewone kaplatte bevat. Die latte is in rooi gemerk.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.