Kannaland
Die Kannaland is 'n vallei in die Wes-Kaap, Suid-Afrika tussen Barrydale en Oudtshoorn. Aan die noorde is die Rooiberg en aan die suide die Langeberg. Die naam is waarskynlik afgelei van die Khoikhoi se woord vir die eetbare wortel van 'n sekere tipe vygie. Vanwyksdorp is die geografiese hoofdorp van Kannaland.
Bronne
- Die Suid-Afrikaanse Gids: feite en wenke. Isabel Uys. 2009. ISBN 978-1-86919-324-9
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.