Kampioenetrofee 2025
Die Kampioenetrofee 2025 (Engels: 2025 ICC Champions Trophy) sal in Februarie en Maart 2025 in Pakistan beslis word.[1] Dit sal die negende Kampioenetrofee in EDI-krieket wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in Pakistan. Die gasheer is ook die verdedigende kampioen, nadat hulle die vorige Kampioenetrofee 2017 gewen het. Die Kampioenetrofee 2025 sal agt jaar ná die vorige toernooi plaasvind, die langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie nog.
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Datums | Februarie – Maart |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Pakistan |
Deelnemers | 8 |
Wedstryde gespeel | 15 |
← 2017 2029 → |
Die toernooi se formaat van 2009, 2013 en 2017 sal onveranderd bly en die agt beste nasionale spanne van die Krieketwêreldbeker 2023 sal aan die Kampioenetrofee 2025 deelneem. Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die twee beste spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners sal mekaar in die eindstryd ontmoet.
Toewysing
In 2016 het die IKR aangekondig dat hulle met die Kampioenetrofee ná die 2017-toernooi weg sal doen. Die IKR se doelwit was om vir elk van die drie formate slegs een toernooi te hê.[2] In November 2021 het die IKR egter aangekondig dat dié toernooi vanaf 2025 weer aangebied sal word.[3] In dieselfde maand is die Kampioenetrofee 2025 deur die Internasionale Krieketraad aan Pakistan toegewys.[4] Dit sal die eerste belangrike toernooi in Pakistan wees sedert die 2009-aanval op die Sri Lankaanse nasionale krieketspan, aangesien dit ná dié aanval van sy gasheerregte vir die Krieketwêreldbeker 2011 ontneem is.[5][6] Die laaste vername toernooi in Pakistan was die Krieketwêreldbeker 1996, wat hulle saam met Indië en Sri Lanka aangebied het. Ramiz Raja, die Pakistanse Krieketraad se huidige voorsitter, het dié beheerraad se belangstelling aangekondig om ’n stuk grond in Islamabad te koop vir ’n beplande krieketstadion wat betyds vir die toernooi sal klaar wees.[7]
Deelnemers
Agt spanne sal aan die Kampioenetrofee 2025 kan deelneem.[8]
Kwalifiserende spanne
Die beste sewe spanne van die Krieketwêreldbeker 2023 het saam met die gasheer Pakistan regstreeks gekwalifiseer.[9] Hulle is Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Pakistan | Gasheer | Negende | 2017 | Kampioen (2017) |
Afghanistan | Regstreeks | Eerste | – | Debuut |
Australië | Negende | 2017 | Kampioen (2006, 2009) | |
Bangladesj | Sesde | 2017 | 9de plek (2000, 2006) | |
Engeland | Negende | 2017 | Naaswenner (2004, 2013) | |
Indië | Negende | 2017 | Kampioen (2002, 2013) | |
Nieu-Seeland | Negende | 2017 | Kampioen (2000) | |
Suid-Afrika | Negende | 2017 | Kampioen (1998) |
Formaat
Die Kampioenetrofee 2025 sal tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis word. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofeë in 2009, 2013 en 2017 gebruik.
Groepfase
Die Kampioenetrofee 2025 sal deur agt nasionale krieketspanne beslis word. Vir die groepfase sal die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel word; elke span sal een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep speel, dus sal elke span drie wedstryde in die groepfase speel. Twee punte sal vir ’n oorwinning toegeken word, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte eindig, sal volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik word. Die twee beste spanne van albei groepe dring na die uitklopfase deur.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af sal die toernooi ’n uitklopformaat aanneem wat uit drie wedstryde bestaan: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep sal na die uitklopfase deurdring. Die groepwenner van albei groepe sal teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde speel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moet met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag is, sal die wedstryd deur ’n superboulbeurt beslis word.
Wedstryde
Die spanne sal in twee groepe van vier elk verdeel word, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep speel. Die beste twee spanne van elke groep sal hierna vir die halfeindrondte kwalifiseer en die wenners sal mekaar in die eindstryd ontmoet.
Groep A
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
2025 |
t |
||
2025 |
t |
||
2025 |
t |
||
2025 |
t |
||
2025 |
t |
||
2025 |
t |
||
Groep B
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
n.v.t. | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | — |
2025 |
t |
||
2025 |
t |
||
2025 |
t |
||
2025 |
t |
||
2025 |
t |
||
2025 |
t |
||
Uitklopfase
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
Wenner Groep A | ||||||
Naaswenner Groep B | ||||||
Wenner Halfeindstryd 1 | ||||||
Wenner Halfeindstryd 2 | ||||||
Wenner Groep B | ||||||
Naaswenner Groep A |
Halfeindrondte
2025 |
Wenner Groep A |
t |
Naaswenner Groep B |
2025 |
Wenner Groep B |
t |
Naaswenner Groep A |
Eindstryd
2025 |
Wenner Halfeindstryd 1 |
t |
Wenner Halfeindstryd 2 |
Kampioenetrofeewenner 2025 |
---|
Eindstrydwenner |
Verwysings
- (en) "Pakistan to host 2025 Champions Trophy". The Times of India. 16 November 2021. Besoek op 12 November 2023.
- (en) "Test Championship to replace Champions Trophy". ESPNcricinfo. 29 Junie 2013. Besoek op 12 November 2023.
- (en) "USA to stage T20 World Cup: 2024–2031 ICC Men's tournament hosts confirmed". Internasionale Krieketraad. 16 November 2021. Besoek op 12 November 2023.
- (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 12 November 2023.
- (en) "Pakistan counts cost of Cup shift". BBC. 18 April 2009. Besoek op 12 November 2023.
- (en) "World Cup matches moved out of Pakistan". ESPNcricinfo. 17 April 2009. Besoek op 12 November 2023.
- (en) "PCB to build high-tech stadium in Islamabad for Champions Trophy 2025". Pakistan Observer. 22 Desember 2021. Besoek op 12 November 2023.
- (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 12 November 2023.
- (en) Nagraj Gollapudi, Matt Roller (29 Oktober 2023). "2025 Champions Trophy qualification at stake during ODI World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 12 November 2023.
Kampioenetrofee | |||
---|---|---|---|
Bangladesj 1998 • Kenia 2000 • Sri Lanka 2002 • Engeland 2004 • Indië 2006 • Suid-Afrika 2009 • Engeland / Wallis 2013 • Engeland / Wallis 2017 • Pakistan 2025 • Indië 2029 |