Kampioenetrofee 2013
Die Kampioenetrofee 2013 (Engels: 2013 ICC Champions Trophy) is van 6 tot 23 Junie 2013 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die sewende Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.
Kenteken van die Kampioenetrofee 2013 | |
Datums | 6 Junie – 23 Junie |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Engeland Wallis |
Kampioen | Indië (2de titel) |
Naaswenner | Engeland |
Deelnemers | 8 |
Wedstryde gespeel | 15 |
Speler van die reeks | Shikhar Dhawan |
Meeste lopies | Shikhar Dhawan (363)[1] |
Meeste paaltjies | Ravindra Jadeja (12)[2] |
← 2009 2017 → |
Die toernooi se formaat van 2009 het onveranderd gebly en die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys het aan die Kampioenetrofee 2013 deelgeneem: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.
Engeland, Indië, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Suid-Afrika en Indië het Sri Lanka geklop, waardeur Engeland en Indië in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op Edgbaston in Birmingham het Indië die gasheer met vyf lopies (D/L-metode) verslaan en sodoende sy tweede Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1983 en 2011, die T20I-wêreldbeker 2007 en die gedeelde titel met Sri Lanka tydens die Kampioenetrofee 2002 was dit Indië se vierde internasionale kriekettitel. Die verdedigende kampioen Australië is reeds in die groepfase uitgeskakel.
Dit sou oorspronklik die laaste Kampioenetrofee gewees het en in 2017 deur die Wêreldtoetskampioenskap vervang word,[3] maar in Januarie 2014 is dié plan herroep en aangekondig dat in 2017 wel ’n Kampioenetrofee sal plaasvind en die Wêreldtoetskampioenskap gekanselleer is.[4]
Toewysing
Die Internasionale Krieketraad het Engeland en Wallis as gashere vir die Kampioenetrofee 2013 aangewys.
Deelnemers
Die destydse agt beste spanne op die EDI-ranglys soos ses maande voor die toernooi het vir die Kampioenetrofee 2013 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië. Die wedstrydskedule en groepe is op 21 Augustus 2012 bekend gemaak.[5] Bangladesj en Zimbabwe kon weens hul lae plekke op die EDI-ranglys nie vir die Kampioenetrofee 2013 kwalifiseer nie. Daar het ook geen assosiaatlid aan die toernooi deelgeneem nie.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Australië | Volle lede | Sewende | 2009 | Kampioen (2006, 2009) |
Engeland | Sewende | 2009 | Naaswenner (2004) | |
Indië | Sewende | 2009 | Kampioen (2002) | |
Nieu-Seeland | Sewende | 2009 | Kampioen (2000) | |
Pakistan | Sewende | 2009 | 3de plek (2000, 2009) | |
Sri Lanka | Sewende | 2009 | Kampioen (2002) | |
Suid-Afrika | Sewende | 2009 | Kampioen (1998) | |
Wes-Indië | Sewende | 2009 | Kampioen (2004) |
Stadions
Tydens die toernooi is twee Engelse en een Walliese stadion gebruik. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2013 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd. Al die drie stadions het groepwedstryde en wedstryde in die uitklopfase aangebied.
Birmingham | Cardiff | Londen |
---|---|---|
Edgbaston | Sophia Gardens | The Oval |
52°27′20.93″N 1°54′08.96″W | 51°29′14″N 3°11′29″W | 51°29′1″N 0°6′54″W |
Kapasiteit: 25 000 | Kapasiteit: 15 634 | Kapasiteit: 27 500 |
Kampioenetrofee 2013 (Engeland) |
Formaat
Die Kampioenetrofee 2013 is oor 18 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 6 Junie 2013 op Sophia Gardens in Cardiff, Wallis, met die openingswedstryd tussen Indië en Suid-Afrika begin. Die toernooi het geëindig op Edgbaston in Birmingham, Engeland, op 23 Junie met die eindstryd tussen Engeland en Indië, waartydens Indië die Kampioenetrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Kampioenetrofee 2009 gebruik.
Kalender
Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2013 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
Die Kampioenetrofee 2013 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die twee beste spanne van elke groep het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.
Wedstryde
Groep A
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | +0.308 |
Sri Lanka | 3 | 2 | 1 | 0 | 4 | −0.197 |
Nieu-Seeland | 3 | 1 | 1 | 0 | 1 | 0.777 |
Australië | 3 | 0 | 2 | 0 | 1 | −0.680 |
Engeland 269/6 (50 boulbeurte) |
t |
Australië 221/9 (50 boulbeurte) |
Ian Bell 91 (115) Clint McKay 2/38 (10 boulbeurte) |
George Bailey 55 (69) James Anderson 3/30 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Sri Lanka 138 (37.5 boulbeurte) |
t |
Nieu-Seeland 139/9 (36.3 boulbeurte) |
Kumar Sangakkara 68 (87) Mitchell McClenaghan 4/43 (8.5 boulbeurte) |
Nathan McCullum 32 (42) Lasith Malinga 4/34 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Australië 243/8 (50 boulbeurte) |
t |
Nieu-Seeland 51/2 (15 boulbeurte) |
Adam Voges 71 (76) Mitchell McClenaghan 4/65 (10 boulbeurte) |
Kane Williamson 18* (37) Clint McKay 2/10 (4 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd afgelas weens reën.
Engeland 293/7 (50 boulbeurte) |
t |
Sri Lanka 297/3 (47.1 boulbeurte) |
Jonathan Trott 76 (87) Rangana Herath 2/46 (10 boulbeurte) |
Kumar Sangakkara 134* (135) James Anderson 2/51 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Kumar Sangakkara (SL) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[6]
Engeland 169 (23.3 boulbeurte) |
t |
Nieu-Seeland 159/8 (24 boulbeurte) |
Alastair Cook 64 (47) Kyle Mills 4/30 (4.3 boulbeurte) |
Kane Williamson 67 (54) James Anderson 3/32 (5 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 24 boulbeurte per span.
- Corey Anderson (NZ) het sy EDI-debuut gemaak.
- Engeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
Sri Lanka 253/8 (50 boulbeurte) |
t |
Australië 233 (42.3 boulbeurte) |
Mahela Jayawardene 84* (81) Mitchell Johnson 3/48 (10 boulbeurte) |
Adam Voges 49 (62) Nuwan Kulasekara 3/42 (9 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Sri Lanka vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.
Groep B
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Pte | LT |
---|---|---|---|---|---|---|
Indië | 3 | 3 | 0 | 0 | 6 | +0.938 |
Suid-Afrika | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | +0.325 |
Wes-Indië | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | −0.075 |
Pakistan | 3 | 0 | 3 | 0 | 0 | −1.035 |
Indië 331/7 (50 boulbeurte) |
t |
Suid-Afrika 305 (50 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Shikhar Dhawan (Ind) teken ’n kampioenetrofeehonderdtal aan.[6]
Pakistan 170 (48 boulbeurte) |
t |
Wes-Indië 172/8 (40.4 boulbeurte) |
Misbah-ul-Haq 96* (127) Kemar Roach 3/28 (10 boulbeurte) |
Chris Gayle 39 (47) Mohammad Irfan 3/32 (9 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Suid-Afrika 234/9 (50 boulbeurte) |
t |
Pakistan 167 (45 boulbeurte) |
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Chris Morris (RSA) het sy EDI-debuut gemaak.
Wes-Indië 233/9 (50 boulbeurte) |
t |
Indië 236/2 (39.1 boulbeurte) |
Johnson Charles 60 (55) Ravindra Jadeja 5/36 (10 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Ravindra Jadeja (Ind) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[7]
- Shikhar Dhawan (Ind) teken sy tweede agtereenvolgende kampioenetrofeehonderdtal aan.[6]
- Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.
Suid-Afrika 230/6 (31 boulbeurte) |
t |
Wes-Indië 190/6 (26.1 boulbeurte) |
Colin Ingram 73 (63) Dwayne Bravo 2/43 (5 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 31 boulbeurte per span.
- Suid-Afrika vorder hiermee tot die halfeindrondte.
- Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
Pakistan 165 (39.4 boulbeurte) |
t |
Indië 102/2 (19.1 boulbeurte) |
Asad Shafiq 41 (57) Bhuvneshwar Kumar 2/19 (8 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 40 boulbeurte per span.
- Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 102 lopies in 22 boulbeurte vir Indië.
Uitklopfase
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
19 Junie – Londen | ||||||
Engeland | 179/3 | |||||
Suid-Afrika | 175 | 23 Junie – Birmingham | ||||
Engeland | 124/8 | |||||
20 Junie – Cardiff | Indië | 129/7 | ||||
Indië | 182/2 | |||||
Sri Lanka | 181/8 |
Halfeindrondte
Suid-Afrika 175 (38.4 boulbeurte) |
t |
Engeland 179/3 (37.3 boulbeurte) |
Jonathan Trott 82* (84) Rory Kleinveldt 1/10 (4 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
Statistiek
Meeste lopies en paaltjies
Meeste lopies:[1]
|
Meeste paaltjies:[2]
|
Verwysings
- (en) "Records in ICC Champions Trophy, 2013 – Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- (en) "Records in ICC Champions Trophy, 2013 – Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- (en) Tariq Engineer (17 April 2012). "No Champions Trophy after 2013". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- (en) "No Test Championship, Champions Trophy to continue: ICC". Zee News. 8 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2021. Besoek op 8 Desember 2021.
- (en) "ECB reveal ICC Champions Trophy plans". Engelse en Walliese Krieketraad. 21 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Desember 2012. Besoek op 31 Desember 2012.
- (en) "Records in ICC Champions Trophy (ICC KnockOut) – High scores". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
- (en) "Records in ICC Champions Trophy (ICC KnockOut) – List of five-wickets-in-an-innings". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Kampioenetrofee 2013. |
Kampioenetrofee | |||
---|---|---|---|
Bangladesj 1998 • Kenia 2000 • Sri Lanka 2002 • Engeland 2004 • Indië 2006 • Suid-Afrika 2009 • Engeland / Wallis 2013 • Engeland / Wallis 2017 • Pakistan 2025 • Indië 2029 |