Kampala
Kampala is die hoofstad en grootste stad van Uganda met 'n bevolking van 1 659 600 in 2011 en 'n oppervlakte van 189 km². Die stad is naby aan die noordelike oewer van die Victoriameer geleë waar dit laat in die negentiende eeu gestig is. Dit word die hoofstad in 1963. Daar is 'n internasionale lughawe by Entebbe en die stad het ook 'n spoorwegstasie. Die Makerere-universiteit is in 1922 hier opgerig. Kampala se belangrikste bedrywe is bankwese, administrasie, die handel in vrugte en groente, teevermenging en -verpakking, brouery, tekstiele en koffie. Daar is twee katedrale.
Kampala | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Uganda |
Distrik | Kampala |
Koördinate | 00°19′N 32°35′O |
Stigting | 1890 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 189 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 190 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 1 659 600 |
- Bevolkingsdigtheid | 9 429,6/vk km |
Tydsone | UTC +3 |
- Somertyd | UTC +3 |
Burgemeester | Erias Lukwago |
Amptelike webwerf | kcca.go.ug |
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kampala.
- (en) Amptelike webwerf
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.