Kamisjowo
Kamisjowo (Russies: Камышово) is 'n dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Liman Stedelike Munisipaliteit behoort. Dit lê tussen twee klein mere in die Wolga-rivierdelta 3 kilometer suidwes van 'n ander dorpie, Jar-Bazar.
Kamisjowo Камышово | |
---|---|
Dorpie | |
Die ligging van Astrachan-oblast in Rusland | |
Kamisjowo Die ligging van Kamisjowo in Astrachan-oblast | |
Koördinate: 45°56′51″N 47°27′03″O | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Astrachan-oblast |
Rajon | Liman |
Bevolking | |
• Totaal | 748 |
Tydsone | UTC+04:00 (AST, Astrachanse tyd) |
Poskode | 416415 |
Geskiedenis
Die dorpie is aan die begin van die 20ste eeu gestig deur Kalmikiese setlaars uit Karawannoje en het oorspronklik die naam Koenkoenja gehad. Ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië deur Josef Stalin se Sowjetregering het die dorpie sy huidige naam, Kamisjowo, gekry. Dit kom van die Russiese woord vir "riet".
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Kamisjowo 647 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.[1]
Etniese groepe | Sensus 2010 | Persentasie |
---|---|---|
Russe | 470 | 72,6% |
Kalmikiërs | 153 | 23,6% |
Kasakke | 10 | 1,6% |
Oekraïners | 7 | 1,1% |
Koreane | 4 | 0,6% |
Moldawiërs | 3 | 0,5% |
Totaal | 647 | 100% |
Verwysings
- Bespyatov, Tim. "Astrakhan Oblast. Ethnic composition (noisy data from census microdata base), all places: 2010 census". Population statistics of Eastern Europe & former USSR (in Russies). Besoek op 3 Augustus 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.