Kamelia
Die kamelia of Camellia is ’n genus blomplante in die familie Theaceae. Hulle is inheems aan Oos- en Suid-Asië, van die Himalaja oos van Japan en Indonesië. Daar is 100–250 spesies; daar word verskil oor die presiese getal. Die genus is deur Linnaeus genoem na die Tsjeggies gebore Jesuïtiese apteker en sendeling Georg Kamel, hoewel dié nooit ’n kamelia beskryf het nie.
Kamelia | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Theaceae |
Tribus: | Theeae |
Genus: | Camellia |
Spesies | |
Sowat 100–250, sien teks | |
Sinonieme | |
Thea |
Een van die bekendste spesies is C. sinensis, waarvan tee gemaak word. Die sierplante Camellia japonica, Camellia oleifera en Camellia sasanqua en hul hibriede het verskeie kultivars.
Beskrywing
Kamelias is immergroen struike of klein bome van tot 20 m hoog. Hul blare is teenstandig, eenvoudig, dik, gesaag en gewoonlik blink. Hul blomme is meestal groot en opvallend, 1-12 cm breed en met 5-9 kroonblare in natuurlike spesies.
Die blome wissel van wit tot rooi; ware geel blomme word net in Suid-China en Viëtnam aangetref. Hulle het opvallende geel meeldrade, wat dikwels uitstaan teen die kleur van die kroonblare.[1][2] Die sogenaamde "vrug" van die kamelia is ’n droë kapsule wat soms in vyf kamers verdeel is, met tot agt sade per kamer.
Die verskeie spesies kamelias is gewoonlik goed aangepas by suur grond wat ryk is aan humus, en die meeste spesies hou nie van alkaliese grond nie. Hulle het gewoonlik baie water nodig en groei dikwels vinnig – sowat 30 cm per jaar tot ’n volwasse ouderdom, hoewel dit wissel van variëteit tot variëteit en van gebied tot gebied.
Moderne kultivars
Kamelias word vandag as sierplante gekweek vir hul blomme: sowat 3 000 kultivars en hibriede word erken, baie met dubbele en halfdubbele blomme. C. japonica is die bekendste spesie, met meer as 2 000 kultivars.
Van die kultivars is:
Naam | Kruising tussen | Grootte | Blomkleur | Soort blom | Verw. |
---|---|---|---|---|---|
'Cornish Snow' | cuspidata × saluenensis | 4 m² | wit | enkel | [3] |
'Cornish Spring' | cuspidata × saluenensis | 4 m² | pienk | enkel | [4] |
'Francie L' | reticulata × saluenensis | 64 m² | pienk | dubbel | [5] |
'Freedom Bell' | × williamsii | 6,5 m² | rooi | halfdubbel | [6] |
'Inspiration' | reticulata × saluenensis | 10 m² | pienk | halfdubbel | [7] |
'Leonard Messel' | reticulata × saluenensis | 16 m² | pienk | halfdubbel | [8] |
'Royalty' | japonica × reticulata | 1 m² | ligrooi | halfdubbel | [9] |
'Spring Festival' | × williamsii, cuspidata | 10 m² | pienk | halfdubbel | [10] |
'Tom Knudsen' | japonica × reticulata | 6,3 m² | dieprooi | dubbel | [11] |
'Tristrem Carlyon' | reticulata | 10 m² | pienk | dubbel | [11] |
Geselekteerde spesies
|
|
|
Verwysings
- Mair and Hoh (2009).
- The International Camellia Society. Flowers of Camellias.
- "RHS Plant Selector Camellia 'Cornish Snow' (cuspidata × saluenensis) AGM / RHS Gardening" (in Engels). Apps.rhs.org.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2014. Besoek op 29 April 2013.
- "RHS Plant Selector Camellia 'Cornish Spring' (cuspidata × japonica) AGM / RHS Gardening". Apps.rhs.org.uk. Besoek op 29 April 2013.[dooie skakel]
- "RHS Plant Selector Camellia 'Francie L' AGM / RHS Gardening". Apps.rhs.org.uk. Besoek op 29 April 2013.[dooie skakel]
- "RHS Plant Selector Camellia 'Freedom Bell' AGM / RHS Gardening". Apps.rhs.org.uk. Besoek op 29 April 2013.[dooie skakel]
- "RHS Plant Selector Camellia 'Inspiration' (reticulata × saluenensis) AGM / RHS Gardening". Apps.rhs.org.uk. Besoek op 29 April 2013.[dooie skakel]
- "RHS Plant Selector Camellia 'Leonard Messel' (reticulata × williamsii) AGM / RHS Gardening". Apps.rhs.org.uk. Besoek op 29 April 2013.[dooie skakel]
- "RHS Plant Selector Camellia 'Royalty' (japonica × reticulata) AGM / RHS Gardening". Apps.rhs.org.uk. Besoek op 29 April 2013.[dooie skakel]
- "RHS Plant Selector Camellia 'Spring Festival' (cuspidata hybrid) AGM / RHS Gardening". Apps.rhs.org.uk. Besoek op 29 April 2013.[dooie skakel]
- "RHS Plant Selector Camellia 'Tom Knudsen' (japonica × reticulata) AGM / RHS Gardening". Apps.rhs.org.uk. Besoek op 29 April 2013.[dooie skakel]
- Harder, A.; Holden–Dye, L.; Walker, R. & Wunderlich, F. (2005): Mechanisms of action of emodepside. Parasitology Research 97(Bylae 1): S1-S10. doi:10.1007/s00436-005-1438-z (HTML-uittreksel)
- Mair, V.; Hoh, E. (2009): The True History of Tea. Thames & Hudson. ISBN 978-0-500-25146-1.
Eksterne skakels
- Die Internasionale Kameliavereniging
- Illustrasies en Europese en Japannese boeke oor die kamelia Geargiveer 12 Januarie 2008 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kamelia.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Kamelia
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia