Kamdeboorivier

Die Kamdeboorivier is die grootste sytak van die Sondagsrivier in die Oos-Kaap van Suid-Afrika.

Kamdeboorivier
Stroomgebied Oos-Kaap
Hoofrivier Sondagsrivier
Oorsprong Kamdeboo-berge
Oorsprong-hoogte 1800 m

Kamdeboorivier
Koördinate: 32°29′21″S 24°27′50″O

Hierdie rivier ontspring op 'n hoogte van 1800 m bo seevlak in die Kamdeboo-berge, ongeveer 30 km noord van Aberdeen. Dit het 'n opvanggebied van net onder die 2000  km² in 'n streek met 'n jaarlikse reënval van 250 tot 300 mm. In die benedeloop van die rivier is die De Hoopdam. By Kendrew vloei die rivier in die Sondagsrivier.

Ander bekende sytakke van die Sondagsrivier is die Kareerivier, Melkrivier en die Voëlrivier.

Bibliografie

  • Logie, Bartle: Sundays - tales from a winding river. Port Elizabeth: Bluecliff, 2011. ISBN 978-0-9870017-2-6
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.