Kamdeboo
Die Kamdeboo is 'n geografiese area grotendeels in die Oos-Kaap, Suid-Afrika wat min of meer die gebied tussen Graaff-Reinet, Pearston, Somerset-Oos, Jansenville, Willowmore en Aberdeen insluit. Die Kamdeboo se reƫnval wissel van 300 mm in die goeie jare tot hoogstens 75 mm in die slegte jare. Die gebied word deur die Sondagsrivier en sy sytakke gedreineer. Die naam is afgelei van die Khoikhoi uitdrukking 'groen hoogtes' of 'groen holte'. Die N9 nasionale pad loop regdeur die Kamdeboo.
Nedersettings
Dorpe in die Kamdeboo:
Bron
- Palmer, Eve: The Plains of Camdeboo. Londen: Collins, 1966
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.