Kamatsamo
KaMatsamo, voorheen bekend as Schoemansdal, is 'n nedersetting in die Mpumalangaprovinsie van Suid-Afrika. Dit is 23 kilometer suid van Malalane geleë.
- Vir die voormalige Schoemansdal in Limpopo, sien Schoemansdal
Kamatsamo | |
---|---|
Township | |
Kamatsamo Kamatsamo se ligging in Mpumalanga | |
Koördinate: 25°42′11″S 31°30′22″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Nkomazi |
Oppervlak | |
• Totaal | 12,91 km2 (4,98 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 23 257 |
• Digtheid | 1 801/km2 (4 660/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 0.2% |
• Swart mense | 99.3% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Swazi | 94.8% |
• Tsonga | 1.7% |
• Engels | 1.1% |
• Ander | 2.3% |
Poskode (strate) | 1331 |
Gedurende die tydperk van afsonderlike ontwikkeling wat onder die apartheidsregering gegeld het, was Schoemansdal die hoofstad van die tuisland genaamd KaNgwane.
In November 2005 het die Suid-Afrikaanse regering aangekondig dat die dorp se naam verander word na Kamatsamo. Die nuwe naam is ter ere van prins Matsamo Shongwe.
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Kamatsamo". Sensus 2011.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.