Kalomelelektrode
Kalomelelektrode is 'n wyd gebruikte referentie-elektrode in die elektrochemie.
Die elektrode bestaan uit 'n platinumdraad wat in elektriese kontak met 'n klein hoeveelheid vloeibare kwik staan. Op hierdie vloeistof is 'n laag kwik(I)chloried (in die mineralogie as kalomel bekend) wat in 'n elektrolitiese oplossing van kaliumchloried gedompel is. Die geheel is ingesluit in 'n buis van glas wat 'n vulopening het om die elektrolietoplossing by te kan vul. Die buis het gewoonlik 'n poreuse prop waardeur dit in elektriese kontak met die ander kompartement van die elektrochemiese sel gebring kan word. Die kaliumchloriedoplossing het gewoonlik een van drie konsentrasies:
- 1 [mol/L] - die normaalkalomeleletrode
- 0,1 [mol/L] - die desinormaalelektrode
- 'n versadigde oplossing - die versadigde kalomelelektrode
Die elektrodereaksie kan geskryf word as:
Hierdie proses is 'n kombinasie van twee ewewigte, waarvan een die oplosbaarheidsproduk van kalomel behels. (Dit is volledig analoog aan die silwerchloriedelektrode. Sien daar.).
Die elektrodepotensiaal hang af van die chloorkonsentrasie volgens die Nernstvergelyking:
Die waardes is goed bekend en baie stabiel.[1] Teen 25° is dit
- normaal: +0,283 V
- desinormaal: +0,336 V
- versadig: +0,224V
Kalomelelektrodes kan as anodes of as katodes gebruik word. Solank die buis nie breek nie is die elektrode veilig om te gebruik. Deur die lae oplosbaarheid van kalomel en die groot konsentrasie van chloried is die konsentrasie van kwikione baie klein. Tog word die kalomelelektrode geleidelik vervang deur die silwerchloriedelektrode, omdat dit minder kans op besoedeling of vergiftiging gee wanneer dit breek.
Verwysings
- Gupta, Meenakshi and Yadav, Shramila. (2023). "Chapter 11 Electrochemistry". Analytical Methods in Chemical Analysis: An Introduction. Berlin, Boston: De Gruyter. pp. 229–260. doi:10.1515/9783110794816-011.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)