Kalkoenibis
Die kalkoenibis is 'n groot voël met kenmerkende blink, blou-swart vere. Dit word sowat 78 cm lank en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.
Kalkoenibis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Threskionithinae |
Genus: | Geronticus |
Spesie: | G. calvus |
Binomiale naam | |
Geronticus calvus (Boddaert, 1783) | |
Identifikasie
Die voël is blink met blou-swart vere. Die kop is kaal en rooi van kleur en die bene rooi.
Habitat
Die kalkoenibis kom voor in veld met kort en afgebrande gras.
Verspreiding
Dit kom voor in die ooste van Suider-Afrika.
Ander name
- Engels: Southern Bald Ibis
- Wetenskaplike naam: Geronticus calvus
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.