Kalium-41

Kalium-41 (chemiese notasie 4119K) is 'n stabiele isotoop van kalium.

Eienskappe

Algemeen

NaamKalium-41 
 
Protone19 
Neutrone22 
Kernspin3/2+[1] 
Massa-oorskot-35559,07 keV[1] 

Status

Statusstabiel[1] 
Relatiewe voorkoms6,7302%  

Navigasie

4019K
4018Ar'4119K4220Ca
4219K4320Ca
Lys van isotope
Portaal Chemie
Portaal Fisika

δ41K

Die isotoopverhouding 41K /39K word die δ41K-waarde genoem. Hier op aarde, asook in koolstofhoudende chondriete en gewone chondriete wissel sy waarde slegs min (van -0,5‰ tot +2‰). Dit is ook waar vir maanbasalt.[2] Kalium-isotoopverhoudings was vir lank moeilik om te meet, maar daar is nuwer metodes soos MC-ICP-MS[3] wat dit verbeter het.

Theia

Hierdeur het dit moontlik geword om klein maar belangrike verskille in δ41K tussen die aarde en die maan te wys wat veroorsaak moet wees deur 'n groot botsing tussen die proto-aarde en 'n ander planeet wat Theia genoem word, sowat honderd miljoen jaar ná die ontstaan van die proto-aarde. Albei planete het in 'n wolk superkritiese materiaal met baie hoë temperatuur (>3000K) saamgesmelt en daaruit het die maan en die aarde later gekondenseer. In hierdie proses het fraksionering van die kalium-isotope plaasgevind, hoewel dit baie presiese meting vereis om dit bewys.[4][5] Die kalium-isotoopverhouding het in hierdie navorsing 'n sleutelrol vervul.

Neutronaktivering

Hierdie isotoop kan gebruik word om deur neutronaktivering lae kaliumkonsentrasies in gesteentes te meet. Die aktiveringsreaksie is: :41K(n,γ)42K

Nagasawa en Narita[6] het monsters van ultrabasiese gesteentes 20 minute aan 'n neutronfluks van 8 x 1013 blootgestel en waardes soos 64,6±1,3 en 44,4±1,3 dpm K in peridotiet gemeet.

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.