Kalipso (maan)
Kalipso (Grieks: Καλυψώ) is ’n maan van Saturnus. Dit is in 1980 deur Dan Pascu, P. Kenneth Seidelmann, William A. Baum en Douglas G. Currie ontdek uit grondgebaseerde waarnemings en het die voorlopige naam S/1980 S 25 gekry.[3] In 1983 is dit amptelik genoem na Kalipso uit die Griekse mitologie. Dit is ook bekend as Saturnus XIV en Tethis C.
Kalipso, op 13 Februarie 2010 deur Cassini afgeneem. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur |
|
Datum | 13 Maart 1980 |
Wentelbaaneienskappe | |
Halwe lengteas | 294 619 km |
Wentelperiode | 1,887802 d [1] |
Baanhelling | 1,56° |
Satelliet van | Saturnus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 30,2 × 23 × 14 km [2] |
Gem. radius | 10,7±0,7 km [2] |
Rotasieperiode | Sinkronies |
Ashelling | Nul |
Beskrywing
Kalipso kom in die wentelbaan van Tethis voor: by die L5-punt 60 grade agter Tethis. Dié verhouding is die eerste keer in 1981 deur Seidelmann et al. waargeneem.[4] Die maan Telesto lê by Tethis se L4-punt, 60 grade voor Tethis. Kalipso en Telesto is al "Tethis-trojane" genoem, na analogie van die trojaanasteroïdes, en is twee van net vier bekende trojaanmane.
Soos baie klein mane van Saturnus en die asteroïdes het Kalipso ’n onreëlmatige vorm. Dit het groot kraters en vermoedelik los oppervlakmateriaal wat die kraters gladder laat lyk. Dit het een van die bes weerkaatsende oppervlakke (by visuale golflengtes) in die Sonnestelsel, met ’n albedo van 1,34.[5] Hierdie hoë albedo is die gevolg van die maan se bestrooiing met deeltjies uit Saturnus se E-ring, ’n dowwe ring wat bestaan uit klein waterysdeeltjies uit die geisers by die maan Enkelados se suidpool.[6]
Verwysings
Bronne
- Marsden, Brian G. (31 Julie 1980). "Satellites of Saturn" (discovery). IAU Circular. 3496. Besoek op 23 Desember 2011.
- Marsden, Brian G. (11 Desember 1980). "Satellites of Saturn". IAU Circular. 3549. Besoek op 23 Desember 2011.
- Marsden, Brian G. (16 April 1981). "Satellites of Saturn". IAU Circular. 3593. Besoek op 23 Desember 2011.
- Marsden, Brian G. (18 Mei 1981). "Satellites of Saturn". IAU Circular. 3605. Besoek op 23 Desember 2011.
- Marsden, Brian G. (30 September 1983). "Satellites of Jupiter and Saturn". IAU Circular. 3872. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2011. Besoek op 23 Desember 2011.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|deadurl=
geïgnoreer (hulp) - Mason, Betsy (15 Februarie 2010). "New Close-Ups of Saturn's Moons Mimas and Calypso". wired.com. Condé Nast Digital. Besoek op 23 Desember 2011.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Seidelmann, P. K.; Harrington, R. S.; Pascu, D.; Baum, W. A.; Currie, D. G.; Westphal, J. A.; Danielson, G. E. (1981). "Saturn satellite observations and orbits from the 1980 ring plane crossing". Icarus. 47 (2): 282. Bibcode:1981Icar...47..282S. doi:10.1016/0019-1035(81)90172-X.
- Thomas, P. C. (Julie 2010). "Sizes, shapes, and derived properties of the saturnian satellites after the Cassini nominal mission" (PDF). Icarus. 208 (1): 395–401. Bibcode:2010Icar..208..395T. doi:10.1016/j.icarus.2010.01.025. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Desember 2018. Besoek op 13 Oktober 2018.
{{cite journal}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Verbiscer, A.; French, R.; Showalter, M.; Helfenstein, P. (9 Februarie 2007). "Enceladus: Cosmic Graffiti Artist Caught in the Act". Science. 315 (5813): 815. Bibcode:2007Sci...315..815V. doi:10.1126/science.1134681. PMID 17289992. Besoek op 20 Desember 2011.
Eksterne skakels
- Kalipso Geargiveer 20 November 2015 op Wayback Machine by Nasa se Solar System Exploration
- The Planetary Society: Calypso
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kalipso (maan).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia