Borneo
Borneo (Indonesies: Kalimantan; Maleis: Pulau Borneo), die wêreld se derde grootste eiland, ná Groenland en Nieu-Guinee, beslaan 'n oppervlakte van 743 330 km² en word begrens deur die Suid-Chinese See in die noordweste, die Soeloesee in die noordooste, die Celebessee in die ooste en die Javasee in die suide. Borneo is die grootste en mees noordelike van die vier Groot Soenda-eilande asook die grootste eiland van Asië. Dit is in die noorde van Java, in die noordooste van Soematra, in die ooste van die Maleise Skiereiland, in die suidweste van die Filippyne en in die noordweste van Soelawesi langs die ewenaar geleë. In die suidweste verbind die Karimatastraat die Javasee met die Suid-Chinese See en in die suidooste verbind die Makassarstraat die Celebessee met die Javasee.
Borneo Inheemse naam: Kalimantan (Indonesië) Pulau Borneo (Broenei en Maleisië) | |
---|---|
Topografiese kaart van Borneo | |
Geografie | |
Ligging | Suidoos-Asië |
Koördinate | 01°N 114°O |
Argipel | Groot Soenda-eilande
|
Oppervlakte | 743 330 vk km |
Hoogste punt | Berg Kinabalu 4 095 m |
Administrasie | |
Broenei | |
Distrikte | Belait, Brunei en Muara, Temburong, Tutong
|
Hoofstad | Bandar Seri Begawan |
Grootste stad | Bandar Seri Begawan (50 000) |
Indonesië | |
Provinsies | Wes-, Sentraal-, Suid-, Oos-, Noord-Kalimantan |
Grootste stad | Samarinda (842 691) |
Maleisië | |
Deelstate | Sabah, Sarawak |
grootste stad | Kuching (617 886)
|
Demografie | |
Bevolking | 21 258 000 |
Bevolkingsgroepe | Kadazan-Dusun, Murut, Rungus-Momogun, Dayak, Maleiers, Han-Chinese, Banjar, Javane, Soendanese |
Die wêreld se derde grootste eiland en Asië se grootste eiland |
Die grootste deel van Borneo se kus langs die Suid-Chinese See vorm die oostelike deel van Maleisië met die klein eksklawe Broenei tussenin, terwyl die oorblywende deel van dié eiland aan die eilandnasie Indonesië behoort. Dié eiland is op die aardbol net teenoor die Amasonerivier se reënwoud geleë en vorm dus die antipode. Borneo is veral bekend vir een van die wêreld se oudste reënwoude wat die enigste habitat van die Orangoetang vorm. As gevolg van sterk ontbossing is hierdie groot ape ernstig bedreig. Die eiland se langste rivier is die Kapuas wat in Sentraal-Borneo net suid van die grens tot Maleisië in die provinsie Wes-Kalimantan ontspring, in 'n suidwestelike rigting vloei en by Pontianak in die Karimatastraat uitmond.
Borneo se naam is dalk afgelei van die plaaslike naam vir die kokosneut, "Buah Nyiur". Broenei se naam is moontlik afgelei van die Sanskrit-woord váruṇa (वरुण) vir "water", of Varuna, die Hindoegod van reën. Inheemse Indonesiërs noem die eiland Kalimantan, wat afgelei is van die Sanskrit-woord Kalamanthana, wat "brandende weer-eiland" beteken en na die eiland se warm en vogtige tropiese weer verwys.[1]
Borneo het 'n bevolking van sowat 21 miljoen, waarvan die meeste Javane is, gevolg deur verwante etniese groepe soos Maleiers en Soendanese. Hulle besig hul eie moedertale, onderskeidelik Javaans, Maleis en Soendanees, maar ook die ampstaal van Indonesië, Indonesies. Al dié tale behoort tot die Maleis-Polinesiese tale. Chinees is die moedertaal van die Han-Chinese wat hulle veral in onlangse dekades op Borneo kom vestig het.
In Augustus 2019 het die Indonesiese president Joko Widodo aangekondig om die hoofstad van die "sinkende" Djakarta na 'n nuwe stad in die provinsie Oos-Kalimantan op Borneo te verskuif.[2]
Geografie
Deelstaat of Provinsie |
Hoofstad | Land | Oppervlakte (km²) |
Oppervlakte (%) |
Bevolking (2010-sensus[3][4]) |
Bevolking (%) |
---|---|---|---|---|---|---|
Broenei | Bandar Seri Begawan | Onafhanklike Sultanaat | 5 770 | 0,77 | 406 200 (2009-skatting)[5] |
2,1 |
Sarawak | Kuching | Maleisië | 124 450 | 16,55 | 2 420 009 | 12,2 |
Sabah | Kota Kinabalu | Maleisië | 73 619 | 9,79 | 3 120 040 | 15,7 |
Labuan | Victoria | Maleisië Federale gebied |
92 | 0,01 | 85 272 | 0,4 |
Oos-Maleisië | Maleisië | 198 161 | 26,4 | 5 625 321 | 28,4 | |
Wes-Kalimantan | Pontianak | Indonesië | 146 760 | 19,5 | 4 393 239 | 22,2 |
Sentraal-Kalimantan | Palangkaraya | Indonesië | 152 600 | 20,3 | 2 202 599 | 11,1 |
Suid-Kalimantan | Banjarmasin | Indonesië | 37 660 | 5,0 | 3 626 119 | 18,3 |
Oos-Kalimantan | Samarinda | Indonesië | 210 985 | 28,1 | 3 550 586 | 17,9 |
Noord-Kalimantan | Tanjung Selor | Indonesië | 71 177 | 9,46 | 525 000 | 2,65 |
Kalimantan | Indonesië | 548 005 | 72,9 | 13 772 543 | 69,5 | |
Borneo | – | Drie lande | 751 936 | 100 | 19 804 064 | 100 |
Verwysings
- (en) Eugene Linden (17 Maart 2011). The Ragged Edge of the World: Encounters at the Frontier Where Modernity, Wildlands and Indigenous Peoples Meet. Penguin Publishing Group. pp. 30–. ISBN 978-1-101-47613-0.
- "Indonesia to remove 'burden' from sinking Jakarta with new capital on Borneo". Sky News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 12 Mei 2020.
- "Malaysia: Federal States, Territories, Major Cities & Conurbations – Statistics & Maps on City Population" (in Engels). Citypopulation.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Julie 2019. Besoek op 25 Julie 2011.
- "Indonesia (Urban Municipality Population): Provinces, Cities & Municipalities – Statistics & Maps on City Population" (in Engels). Citypopulation.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 25 Julie 2011.
- "Brunei: Districts, Major Cities, Towns & Agglomeration – Statistics & Maps on City Population" (in Engels). Citypopulation.de. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2019. Besoek op 25 Julie 2011.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Borneo. |
- (en) Toerisme-inligting oor Borneo op Wikivoyage
- (en) "Borneo". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Mei 2020.